Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Reën, vinnige reaksie tem brand by Groot-Brakrivier

Spoedige optrede en ligte reën het daartoe bygedra dat ’n veldbrand naby die Groot-Brakrivier vinnig onder beheer gebring is.

Die brand het Dinsdagaand in ’n bergagtige gebied by Voorbrug, aan George se kant van die Groot-Brakrivier, gewoed.

Volgens Nickey le Roux, woordvoerder vir die Mosselbaai-munisipaliteit, was geen mense, huise of voertuie in gevaar nie.

Die veldbrand woed Dinsdagaand in die berge by Voorbrug in die Groot-Brakrivier-omgewing.

Die munisipaliteit se brandweer, asook ’n brandspan van die Garden Route-distriksmunisipaliteit het gewerk om die brand te blus.

Die gebied waar die vlamme gewoed het is deur Le Roux as onherbergsaam beskryf en toegang tot die onderskeie brandpunte was soms moeilik bereikbaar.

“Daar was baie goeie samewerking tussen al die noodspanne. Verskeie brandlyne is vir die vier windrigtings opgestel en die brand is so onder beheer gebring.”

’n Gedeelte van die R102-pad, tussen die Glentana-afrit en die Morrison- en Stasieweg-afrit, was tydelik vir verkeer gesluit, maar Le Roux meen dit was bloot om die brandbestryding te fasiliteer.

Brandbestryders en noodpersoneel op die toneel.

’n Reënbui wat later die aand uitgesak het, het ook gehelp om die brand omstreeks middernag onder beheer te kry.

Herman Pieters, kommunikasiebeampte vir die Garden Route-distriksmunisipaliteit, sê die brand het oor ’n gebied van 2,5 tot 3 hektaar gewoed.

“Volgens die distriksmunisipaliteit se brandbestryders is geen lewens verloor of infrastruktuur beskadig nie.

“Op die oomblik word die brand(gebied) gefynkam om alle warm kolle te blus. Daar is wel ’n wind van ongeveer 25 km/h, maar dit reën terselfdertyd wat beteken dat dit die brandbestryding vergemaklik,” sê Pieters.

Die oorsaak van die brand sal met ’n ondersoek bepaal word, sê Le Roux.

Meer oor:  Groot-Brakrivier  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.