Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
OORSIG: Sanparke moet 'meer voorkomend optree'

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, praat Maandagmidddag oor die brandskade nadat hy die Universiteit van Kaapstad besoek het:

Hier is die jongste verwikkelinge:

19 Apr. 22:51:18

19 Apr. 22:44:07

19 Apr. 22:18:06

Sanparke moet 'meer voorkomend optree'

Die vuurtjie wat gelei het tot die verwoestende brand wat huise, dele van die Ikey-kampus en ander bekende bakens aan die voet van Tafelberg in puin gelê het, was glo maar een van vele sulkes wat hawelose mense glo daagliks op die berg maak.

Terwyl brandbestryders onverpoos gespook het om die brand onder bedwang te kry, het ’n lid van ’n plaaslike buurtwag glo Sondagaand die owerhede se hulp ingeroep toe hy gesien het hoe drie mense ’n vuur op die berg maak.

Twee van die drie het wetstoepassers ontduik, maar kol. Andrè Traut, provin­siale polisiewoordvoerder, sê hulle het wel ’n 35-jarige man aangekeer.

Hoewel hy nie verbind word met die vernietigende brand wat vroeër in die dag ontstaan het nie, word die omstandighede rondom die saak nog ondersoek. - Ané van Zyl

Lees meer
19 Apr. 21:33:12

19 Apr. 21:31:49

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, het vroeër Maandagaand dié lugfoto gedeel. 

19 Apr. 20:59:19

Vodacom skenk R3 miljoen

Vodacom het in 'n verklaring bekend gemaak dat hy R3 miljoen skenk om mense te help wat regstreeks deur die brand in Kaapstad geraak is.

"Ons het die menslike en geskiedkundige tragedie van die verwoesting gesien – mense wat ontwortel is en die verlies aan historiese plekke en seldsame versamelings in die biblioteek van die Universiteit van Kaapstad. Die R3 miljoen moet die provinsiale regering help om reddingsoperasies en kos en water te verskaf," het Shameel Joosub, uitvoerende groepshoof, gesê.

Volgens hom is hierdie bedrag buiten die maatskappy se finansiële hulp om die kommunikasienetwerke in Kaapstad te herstel.

19 Apr. 19:23:15

Veldtog begin om studente by te staan

Gift of the Givers het ’n BackaBuddy-veldtog begin om studente aan die Universiteit van Kaapstad (UK) te midde van die verwoestende brande daar by te staan.

Luidens ’n verklaring het die noodlenigingsorganisasie die skarefinansieringsveldtog begin om die Kaapse gemeenskap uit die puin te help opstaan.

Gift of the Givers moet meer as 4 000 studente, wat geskuif moes word of deur die brande geraak word, van kos en ander noodsaaklikhede voorsien nadat die UK skade in die brande gely het.Netwerk24 het vroeër berig van die waardevolle versamelings in die UK se Jagger-biblioteek is vernietig en die leeskamer in puin gelê.

Daar is ook koshuise wat beskadig is en alle studente moes die kampus verlaat.Die veldtog se mikpunt is om R250 000 in te samel en in minder as 12 uur is meer as R64 000 geskenk.

Teen Maandag om 18:10 is die R100 000-kerf verbygesteek. Die span en vrywilligers het reeds kos begin kook en verpak en van deur tot deur begin versprei.

Volgens dr. Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, is daar veral versoeke vir seep, tandepasta en items vir persoonlike higiëne.

Besoek https://www.backabuddy.co.za/uct-support om te skenk, of lewer noodsaaklike items by Old Mutual in Jan Smuts-rylaan 19, Pinelands, af.

19 Apr. 19:04:04

19 Apr. 18:27:25

'n Dik rookwolk hang Maandagmiddag laat oor Kaapstad. Foto: Jana Breytenbach

19 Apr. 18:23:19

Jagger-biblioteek heeltemal verwoes

Van die waardevolle versamelings in die Universiteit van Kaapstad (UK) se Jagger-biblioteek is heeltemal vernietig en die leeskamer is in puin gelê in ’n verwoestende brand wat sedert Sondag in Kaapstad woed.

Die brand het langs Philip Kgosana-weg ontstaan en vinnig na die hange van Tafelberg versprei waarna kooltjies vermoedelik op die biblioteek se dak gewaai het.

Volgens ’n e-pos van Ujala Satgoor, hoof van die UK se biblioteke, aan studente het die brand gelukkig nie na ander dele van die biblioteek versprei nie danksy die brandopsporingstelsel wat die elektriese branddeure geaktiveer het.

Die branddeure het sekere vertrekke afgesluit en gekeer dat die vlamme versprei.

“Die leeskamer is egter in puin gelê en van ons waardevolle versamelings is verlore, maar ’n volledige skadebepaling kan eers gedoen word sodra die gebou veilig verklaar is en ons dit binne kan gaan.

Biblioteek voor en ná brand
Meer oor:  Tafelberg  |  Rhodes Memorial  |  Brande  |  Kaapstad-Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.