Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Restaurant in Krugerwildtuin in vlamme

Nog ’n brand het Maandagoggend in die Krugerwildtuin uitgebreek, dié keer in die Berg-en-Dal-restaurant in die ruskamp met dieselfde naam.

Ike Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, kon by navraag Maandag nie dadelik meer besonderhede oor die voorval aan Netwerk24 gee nie.

Die Berg-en-Dal-restaurant in die Krugerwildtuin waar dit Maandagoggend aan die brand is. Foto: Verskaf

’n Verklaring sal binnekort uitgereik word, sê hy.

Die Krugerwildtuin het op Twitter ’n beroep op besoekers gedoen om die gebied te vermy sodat rampbestuurspanne hul werk kan doen.

Die plasing is omstreeks 11:30 gemaak.

Die Berg-en-Dal-restaurant in die Krugerwildtuin se grasdak Maandagoggend aan die brand. Foto: Verskaf

Die wildtuin vra ook dat mense nie oor die oorsaak van die brand bespiegel nie en sê dat niemand beseer is nie. 

Foto’s van die Berg-en-Dal-restaurant se grasdak wat in ligte laaie is, is op sosiale media versprei.

Dit is die tweede brandvoorval in die Krugerwildtuin in minder as ’n week. Die winkel in die Letaba-ruskamp is Woensdagaand in ’n brand verwoes.


Meer oor:  Ike Phaahla  |  Krugerwildtuin  |  Brand  |  Restaurant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.