Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Reuse-brand verwoes winkel in Letaba-kamp
Die winkel staan in ligte laaie in die Letaba-kamp in die Krugerwildtuin. Skermgreep: Facebook/cjbrits
Letaba-ruskamp
Die Letaba-ruskamp in die Krugerwildtuin. Foto: Krugerwildtuin

Die Krugerwildtuin sê ’n reuse-brand het laat Woensdagaand by die Letaba-winkel uitgebreek.

“Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en personeel probeer dit in bedwang bring,” het die wildtuin op Twitter gesê. Brandbestryders van Olifants en Phalaborwa is glo geaktiveer en geen beserings is aangemeld nie.

In ’n video van die brand wat op Facebook deur pastoor Johan Brits van Modimolle gedeel is, staan die winkel in ligte laaie.

Brits sê in die video dat omstanders nie kon help nie omdat daar geen “brandpype” beskikbaar was nie.

“Die winkel is daarmee heen. Ons weet nie hoekom hy (die brand) begin het nie, niemand is beseer nie en ek dink almal is veilig,” sê Brits in die video.


Meer oor:  Krugerwildtuin  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.