Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Rivionia-brand: Nalatigheid word nog ondersoek
Die restaurant Istanbul Kebab & Shawarma is Saterdag in ’n brand verwoes. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Geen tekens van nalatigheid kon nog gevind word ná die brand by ’n restaurant in Rivonia, Johannesburg, nie.

Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê hoewel hulle bevind het dat Saterdag se brand beslis veroorsaak is deur ’n gasbottel wat ontplof het, duur die ondersoek om nalatigheid te bepaal voort.

Die brand het aanvanklik in die restaurant se kombuis ontstaan, maar het versprei en nege ander winkels in die Mutual Mews-winkelsentrum by Rivonia Village is verwoes.

Agt mense is in die voorval beseer.

Purhan Demirta, eienaar van die restaurant, het Maandag gesê vier mense is steeds in die hospitaal.

“Hulle sterk goed aan en ons sal binne die volgende paar dae weet wat die volgende stap in hul behandeling is,” sê Demirta.

Volgens hom was die restaurant en die sentrum verseker, “maar die versekeringsmaatskappye het ook nog nie sy ondersoek voltooi nie.”

Hy weet nie of en wanneer hulle weer sal kan oopmaak nie. “Ons almal is baie hartseer en daar sit nou talle mense sonder werk.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.