Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Selle by polisiekantoor in Ceres brand

Die polisie ondersoek ’n saak van brandstigting nadat selle by die Ceres-polisiekantoor in die Wes-Kaap Saterdagmiddag vermoedelik aan die brand gesteek is.

Daar was verdagtes in die selle toe die brand uitgebreek het, maar niemand is beseer nie, sê sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder.

“Die verdagtes is na ’n nabygeleë polisiekantoor oorgeplaas. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die saak word ondersoek,” sê sy.

Die polisiekantoor is in Voortrekkerstraat geleë. Dit is nie bekend presies hoe die brand begin het nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.