Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Skande en skade in Bloem
Bloemfontein se stadsaal voor die brand.

Bloemfontein se stadsaal, ’n 82 jaar oue historiese gebou, is Woensdagaand aan die brand gesteek toe meer as 1 000 lede van die munisipale werkersvakbond Samwu amok gemaak het in dié stad.

Teen 23:00 was die brand buite beheer en die hele gebou se dak het ineengestort.

Teen 23:00 Woensdagaand het die dak ineengestort.

Drie lede van Samwu is in hegtenis geneem.

Nthateng ­Jankie (46), Vincent Tsometsie (40) en Mbuyiselo Magqithane (49) het Vrydag op aanklagte van brandstigting, openbare geweld en die verontagsaming van ’n hofbevel in die landdroshof verskyn.

Hulle is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat en sal weer in Julie in die hof verskyn.

Intussen het Pule Molalenyane, president van Samwu, by ’n Sanwu-diplomaplegtigheid Vrydag ontken dié organisasie was betrokke by die brand. Hy het gevra dat geen gevolgtrekkings gemaak word oor die skade nie.

Samwu is ten sterkste gekant teen die afbrand van geboue, sê hy.

Kenners meen die gebou sal herstel kan word, aangesien die grootste deel van die struktuur nie vernietig was nie.

Teen 23:00 Woensdagaand was die brand buite beheer en die dak het ingestort.Foto: Flair Photography
Teen 23:00 Woensdagaand was die brand buite beheer en die dak het ingestort.Foto: Flair Photography
Kenners reken die gebou kan weer herstel word omdat die grootste deel van die stadsaal se struktuur darem nié vernietig was nie.Foto: Flair Photography
Ná die brand. foto’s: iFlair Photography

Meer oor:  Bloemfontein  |  Brand  |  Samwu  |  Stadsaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.