Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Skilpaaie, grysbok gered tydens brande

Talle wilde diere waaronder 33 skilpaaie en ’n grysbok is gered tydens die verwoestende brande in die Bettysbaai- en Hermanus-gebied in die Wes-Kaap.

Van die skilpaaie wat Corné Uys en sy pa, Hugo Uys van Hermanus gered het. Foto: Corné Uys/Facebook

33 slange is Vrydag deur ’n jong slangvanger van Hermanus, Corné Uys (17) en sy pa, Hugo Uys, gered.

Volgens Corné was hy Vrydag by sy skool, die Hoërskool Hermanus, toe die gebou omstreeks 13:45 ontruim moes word omdat die brand naby was.

Sy pa het hom toe kom haal.

“Ons het toe op in die berg gery. Vir drie tot vier ure was ons in en uit die vlamme. Ons het 33 skilpaaie gered. Ons het aangehou totdat ons nie meer plek op die bakkie gehad nie.”

Volgens hom het diere soos bokkies vir die vlamme gevlug.

“Een skilpad het ek uit die vlamme gaan haal. Dit het gelyk of sy gesig begin smelt het, maar ek het sy gesig natgemaak en daarna was hy fine,” sê hy.

Die skilpaaie word gehelp nadat hulle gered is. Foto: Corné Uys/Facebook

Vrydagaand het dit begin reën en die brand is geblus in die gebied waar Corné-hulle die skilpaaie gered het.

Die skilpaaie is afgespoel en water gegee en Saterdag in die Fernkloof-natuurreservaat vrygelaat, waar Corné-hulle altyd slange vrylaat.

“Dit het ons omtrent die heeldag besig gehou,” sê hy. “Saterdag het ek en my pa in die vallei gehelp waar dit brand. Dit lyk maar sleg daar.”

Corné het ook sy ervaring en foto’s op sy Facebook-blad gedeel. Die inskrywing is reeds deur meer as 2 000 mense besigtig.

Volgens die Facebook-blad van die Country Animal Clinic in Somerset-Wes is ’n grysbok met onder meer gebrande pote en ore, ’n slagoffer van die Bettiesbaai-brande, deur Wynlandse brandbestryders gevind en deur ER24-paramedici in ’n ambulans na die veearts gebring.

Die brand in die Hermanus-gebied. Foto: Corné Uys/Facebook

’n Veearts op bystand het Sondag by navraag gesê die bokkie is tans by die Cottage Vet.

Die Country Animal Clinic het Saterdag op sy Facebook-blad gesê die bokkie word by ’n veearts se huis versorg en hulle hoop vir die beste.

Die Kleinmond-dierewelsynsorganisasie (Kaws) het Saterdag op sy Facebook-blad mense bedank vir al die donasies en geskryf diere in sy gebied is vir eers veilig.

Meer oor:  Hermanus  |  Kaapstad  |  Bettysbaai  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.