Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Span kom help met Tokologo-brande

Verskeie lede van ’n brandbeskermingsvereniging in die Vrystaat het in Boshof saamgekom om te help met die veldbrande in die gebied.

Hulle sal ook probeer om die skade wat die afgelope week se brande aangerig het, te bepaal.

Etlike duisende hektaar weiveld is vernietig en honderde stuks vee en wild het doodgebrand in dié veldbrande wat Sondag in Boshof, Hertzogville en Warrenton woed.

“Ons wil mense, diere en strukture probeer beskerm teen die brand en keer dat nog weiveld afbrand. Ons wil ook ’n impakstudie doen van die brande wat reeds voorgekom het,” sê Johan Breytenbach, bestuurder van die Sambreel-brandbeskermingsassosiasie.

Johan Breytenbach spreek die media toe nadat ’n rapporteringstasie in Boshof ingerig is. Foto: Gerda-Marie van Rooyen

Hulle wil die skade bepaal soos hoeveel mense deur die brande geraak is, strukturele skade wat gely is en hoeveel stuks vee en wild doodgebrand het.

Hy sê ook weens die baie plasings oor die brande op sosiale media is ’n groot bewustheid geskep en baie mense het hulp aangebied en selfs by van die brande opgedaag om te help. Dit is belangrik om dié geesdrif te bestuur, sê Breytenbach.

“Ons het nie nou bykomende hulp nodig nie. Ons het genoeg hulpbronne en koördineer dit doeltreffend om te verseker dat brande in bedwang bly.”

Breytenbach sê talle spanne van Werk met Vuur (WoF) is op pad. Dié mense sal met die hulp van satellietdata gebruik word om die situasie te help monitor en te verseker dat gebiede wat reeds gebrand het, nie weer vlamvat nie. Hulle kan nuwe brande ook so gou moontlik in bedwang bring.

Hoewel daar nou geen aktiewe brande in die gebied is nie, hou die hoë temperature wat voorspel word, ’n brandgevaar in.

Johan Breytenbach en sy span van die Sambreel-brandbeskermingsassosiasie is in Boshof in die Vrystaat. Foto: Gerda-Marie van Rooyen

Daar bly ook ’n gevaar dat brande in nabye gebiede soos Windsorton en Jan Kempdorp, oor die grens kan beweeg soos vroeër die week toe dit oor die N12 tussen Warrenton en Boshof gespring het.

“Die kans op brande in die volgende 24 uur is baie groot omdat die weer gunstig daarvoor is. Hier is ook weens die droogte baie bosse en droë grond wat die gebied hoogs vlambaar maak volgens die brandgevaarindeks.”

Tussendeur vorder hulle inligting oor die skade in uit ’n helikopter sodat ’n aansoek by die regering ingedien kan word om die gebied tot rampgebied te verklaar.

Meer oor:  Vrystaat  |  Boshof  |  Veldbrand  |  Brande  |  Veldbrande  |  Vrystaat-Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.