Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Spanne spook teen brand in Karwyderskraal

Ligte reënval in die Hermanus-gebied het welkome verligting gebring vir brandweerspanne wat reeds sedert Kersfees spook om ’n groot veldbrand langs die R43-pad in Karwyderskraal in bedwang te bring.

Lester Smith, brandweerhoof van die Overstrand-munisipaliteit, sê daar is tot dusver geen gevalle van ernstige skade aan strukture of eiendom op plase nie, en brandbestryders het Woensdag daarin geslaag om verskeie strukture en plaashuise wat deur die brand bedreig is te beskerm.

Die gebied wat in Karwyderskraal brand. Foto: Greater Overberg FPA

“Op die oomblik is daar twee plekke waar die brand weer opgevlam het, maar ons spanne is druk besig om dit te blus. Ons sal na verwagting die volgende 24 uur nog in die gebied besig wees,” het Smith gesê.

Smith sê hul doelwit vir Donderdag is om te verseker dat alle gevaarpunte (hotspots) geblus word en brandweerspanne sal voortgaan met opruimingswerk.

“Teen Woensdagaand is ongeveer 800 ha jong plantasies, landbougrond, indringerplante en fynbos vernietig, maar ons vermoed dat dit nou al ongeveer 1 000 ha is,” sê Smith.

Die veldbrand wat in Karwyderskraal naby Hermanus woed. Foto: Facebook, Richard Middelman

Meer oor:  Hermanus  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.