Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Substasie in Bfn brand ná beurtkrag

Die Mangaung B-substasie van Centlec, elektrisiteitsverspreider van die Mangaung-metro, het oornag in vlamme uitgebars net nadat dit ná beurtkrag weer aangeskakel is.

Die substasie is reg langs die Namibië- informele nedersetting geleë.

Vlamme verswelg die Mangaung B-substasie in Bloemfontein net nadat die kragtoevoer ná beurtkrag herstel is. Foto: Verskaf

Lele Mamatu, woordvoerder van Centlec, sê die skade kan miljoene rande beloop en dit is nie duidelik hoe lank dit sal duur om te herstel nie.

“Dit is ’n groot probleem wat talle inwoners van Bloemfontein sonder krag gelaat het. Groot dele van die township – sowat die helfte – sit sonder krag. Die substasie verskaf krag aan plekke soos Namibië, Turflaagte, Bloemside, Bloemspruit en ander dele, asook die Hamilton-nywerheidsgebied.”

Die brand by die Mangaung-substasie B in Bloemfontein. Foto: Verskaf

Hy sê die brand het ontstaan nadat daar ook ’n probleem was by die Mangaung A-substasie, wat langs die Freedom Square- informele nedersetting geleë is. Centlec se spanne het eers hieraan aandag gegee.

Die krag het aanvanklik by die Mangaung A-substasie afgegaan en woonbuurte soos Vistapark, Fleurdal, Fauna en Uitsig sonder krag gelaat.

“Ons vermoed dit kon moontlik die slegte weer gewees het wat veroorsaak het dat die krag hier uitgeskop het. Maar dit kan ook as gevolg van beurtkrag wees aangesien die substasies heeltyd aan- en afgeskakel word terwyl die toerusting verouderd is. Ons is nie seker wat gebeur het nie, maar dit gaan deeglik ondersoek word.”

Die Mangaung-B-substasie van Centlec is ná die brand afgesper. Foto: Verskaf

Mamatu sê toe die spanne die probleem by die Mangaung A-substasie herstel het, het hulle die brand by die Mangaung B-substastasie ontdek.

• Volgens Eskom gaan fase 1-beurtkrag tot Saterdag voortduur.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Brand  |  Substasie  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.