Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Talle geboue in Knysna in brand verwoes
Die koshuis van die Hoërskool Knysna. Foto: Di Kennedy

Baie huise, insluitende gastehuise, het in die slag gebly in die verwoestende brande in Knysna.

Dr. Elfriede Dreyer, akademikus en voormalige visuele kunskurator van die KKNK, se huis het afgebrand.

Dreyer wat op die oomblik in Venesië is, sê haar hele versameling kunsboeke is verwoes.

Minstens vyf personeellede van die Hoërskool Knysna se huise het ook afgebrand. Twintig leerlinge is uit die skoolkoshuis ontruim voordat die gebou deur ’n brand beskadig is.

In die stadium word vermoed dat minstens 15 gastehuise in die gebied in puin gelê is. Een van die bekendste bakens in die dorp, die Idle Monkey-gastehuis, het afgebrand.

’n Uitgebrande huis in Belvedere in Knysna. Foto: Eugene Gunning

Inwoners van Brenton-on-Sea is Woensdag met ’n viertrekvoertuig van die strand na Buffelsbaai geneem en van daar na Sedgefield waar hulle oornag het.

’n Inwoner sê hulle is nog nie seker hoeveel skade aan huise in Brenton-on-Sea aangerig is nie.

Volgens die Eden-distriksmunisipaliteit het Alan Winde, Wes-Kaapse LUR van ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Donderdagoggend in die distrik aangekom. Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, word ook later in die gebied verwag.

“Daar is twee Oryx-weermaghelikopters gereed om te help, maar hulle kan nie vlieg nie weens die rook, die wind en die moeilike terrein. Daar is darem baie voete op die grond,” sê James-Brent Styan, woordvoerder van Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning.

Volgens die Eden-distriksmunisipaliteit het die Stad Kaapstad, die Overberg-distriksmunisipaliteit, CapeNature, Werk met Vuur (WoF) en die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit brandspanne gestuur om te help.

Meer oor:  Talle  |  Knysna  |  Verwoes  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.