Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Trein se vonke lei straks tot veldbrande in N-Kaap
Die veldbrand wat tussen Hopetown en Belmont in die Noord-Kaap ontstaan het, het meer as 10 000 ha veld verwoes.

Meer as 10 000 ha weiding is Sondag in ’n veldbrand tussen Hopetown en Belmont in die Noord-Kaap verwoes.

Sowat 35 skape het ook omgekom en ’n bakkie is uitgebrand, sê Awie Burger, ’n boer van die omgewing.

Volgens Burger is die brand glo deur ’n verbygaande trein veroorsaak.

Die brand het op verskillende plekke tussen Belmont en Witputstasie, waar die trein verbygery het, ontstaan.

Boere uit die omgewing kon daarin slaag om die trein naby Belmont te stop.

Volgens Burger weet hulle nie presies hoe die brande veroorsaak is nie.

“Ons het wel gesien dat die trein olie lek en in dié stadium vermoed ons dat vonke êrens ontstaan het.”

Winderige toestande het die vlamme aangevuur, maar met die hulp van die brandweer en boere uit die omgewing is die brande Sondagaand omstreeks 18:20 geblus.

Op Burger se plaas het sowat 1 000 ha afgebrand.

Benewens die verlies aan weiding, die skape wat doodgebrand het en die voertuig wat verwoes is, kon die skade aan geëlektrifiseerde heinings, hoekpale, trekpale, waterkrippe en watertenks nog nie bepaal word nie.

Burger sê die skade sal wel astronomies wees.

Mike Asefovitz, woordvoerder, sê Transnet het omstreeks 15:45 op noodoproepe oor die brand reageer.

Transnet het gehelp om die brande in bedwang te bring en die vure is omstreeks 18:20 geblus.

Asefovitz sê die lokomotief wat glo die probleem veroorsaak het, word nou deur Transnet se ingenieurs ondersoek om te bepaal wat kon gebeur het.

“Sodra die ondersoek afgehandel is, sal ons hierop antwoorde kan gee.”

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Veldbrand  |  Trein  |  Vonke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.