Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Treine vertraag nadat nog 1 brand

Metrorail se treindienste in Kaapstad is Dinsdag weer erg ontwrig nadat nog ’n trein, dié keer in die Koebergstasie, aan die brand gesteek is.

Die brandweer en reddingsdienste is omstreeks 10:00 na die stasie ontbied waar ’n passasierswa gebrand het.

Riana Scott, woordvoerder van Metrorail, sê voorlopige verslae dui daarop dat niemand beseer is nie. Die vinnige optrede van personeellede en reaksiespanne het daartoe gelei dat die brand vinnig geblus is en die skade slegs tot een treinwa beperk is.

Theo Layne, woordvoerder van die Kaapse metro se brandweer, sê 14 brandweermanne, twee brandweerwaens, een watertenkwa en een reddingsvoertuig is na die stasie gestuur.

Metrorail het pendelaars gewaarsku dat hulle vertragings te wagte kan wees. Scott sê treine op die Muldersvlei-roete is gekanselleer en treine op die Kaapse Vlakte-lyn kan vertragings van tot ’n uur lank verwag.


Treine op die noordelike lyn word tot verdere kennisgewing na die Ysterplaat- en Mutual-stasie herlei, terwyl treine op die sentrale lyn van Kaapstad na Kapteinsklip via Esplanade herlei word.

Volgens Scott is perron 1, 3 en 4 van die Koebergstasie oop en die skade aan perron 2 sal bepaal word sodra die gebrande trein verwyder is.

“Opruimingspanne sal begin werk wanneer die polisie en forensiese spanne hul ondersoek op die toneel afgehandel het.”

Volgens Scott sal die trein na ’n depot geneem word waar Prasa die omvang van die skade en die koste van die herstelwerk sal bepaal.

Sy het pendelaars versoek om ten alle tye waaksaam te wees en enige verdagte optrede onmiddellik aan te meld. ’n Beloning van R25 000 sal betaal word aan enigeen wat inligting verskaf wat tot ’n suksesvolle vervolging lei.

Meer oor:  Treine  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.