Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Twee hospitale in Kaapstad brand op Vrydag die 13de

’n Kortsluiting het gisteraand ’n brand in die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad veroorsaak.

Die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad.Foto: Jonathan Lestrade

Die stad Kaapstad se brandweer-en-reddingsdienste is op die toneel boonop deur omstanders ingelig dat ’n seun in ’n ongebruikte hospitaalswembad verdrink het. Ondersoek word na die voorval ingestel.

Dié dramatiese gebeure by die Tygerberg-hospitaal het plaasgevind slegs ure nadat ’n brand ’n deel van die teaterafdeling van die Mitchells Plain-daghospitaal in puin gelê en groot ontwrigting veroorsaak het.

Minstens drie sale in die Tygerberg-hospitaal is ontruim terwyl dik rook in die hospitaal gehang het.

Mark van der Heever van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement het gesê dat pasiënte buite moes wag totdat dit veilig was om die gebou binne te gaan.

“Die oorsaak was ’n kortsluiting. Drade het eenvoudig gesmelt en dit het veroorsaak dat ’n buitengewone hoeveelheid rook na die ander verdiepings versprei het.”

’n Lid van die publiek wat by die hospitaal was, het gesê daar was bykans geen vlamme nie, net dik rook.

“Gelukkig was die brandweer gou op die toneel.”

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer-en-reddingsdienste, het gesê brandbestryders is net ná 18:00 na die Tygerberg-hospitaal ontbied.

“ ’n Mat op die laer grondvloer was aan die brand en die rook het die tweede verdieping bereik.”

Die brand is onmiddellik geblus.

“By die hospitaal het omstanders ons ingelig dat ’n minderjarige seun in ’n ongebruikte hospitaalswembad verdrink het. ’n Voertuig is na dié toneel gestuur.”

Van der Heever het die verdrinking bevestig. Die voorval word nog ondersoek.

’n Hospitaalbron het bevestig dat die seun, ’n inwoner van die naburige woonbuurt Ravensmead, saam met twee maats in die ongebruikte swembad geswem het.

“Al drie het ingespring, maar net twee het opgekom.”

* In die Mitchells Plain-daghospitaal is pasiënte en personeel Vrydag ontruim nadat ’n brand omstreeks 12:45 uitgebreek het.

’n Deel van die Mitchells Plain-daghospitaal is Vrydagmiddag deur ’n brand in puin gelê.Foto: Verskaf

Carelse het gesê brandbestryders was ure lank op die toneel. Die brand in die teaterafdeling is net voor 14:30 in bedwang gebring.

Die oorsaak van die brand word nog ondersoek.

“Ses brandweervoertuie, ’n reddingsvoertuig, ’n voertuig met ’n hyskraan en 28 brandbestryders was op die toneel.”

Volgens die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement het noodhulpdienste agt pasiënte ongedeerd na die Mitchells Plain-distrikshospitaal oorgeplaas.

“Al die nood- en kraameenheidpersoneel wat aan diens was, sal voorlopig in die Mitchells Plain-distrikshospitaal werk. Pasiënte sal in kennis gestel word sodra die diens weer in werking is,” het Monique Johnstone, kommunikasiebeampte, gesê.

Intussen word mense aangeraai om ander gesondheidsorgsentrums te gebruik.

Meer oor:  Kaapstad  |  Brand  |  Hospitale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.