Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
US-brand: Koshuis onbewoonbaar, vroue trek
Die Huis ten Bosch-vrouekoshuis in Stellenbosch is verlede Maandag in ’n brand beskadig. Foto: Facebook

Luidens ’n verklaring van die Universiteit Stellenbosch (US) sal die vrouekoshuis Huis ten Bosch (HtB), wat verlede week in ’n brand beskadig is, tot die einde van die jaar nie veilig wees om te bewoon nie.

“Die versekeraar het ná ondersoeke Donderdag gesê dat die gebou weens aansienlike brand- en waterskade aan meer as net die derde vloer, nie veilig vir bewoning sal wees vir die res van die semester terwyl herstelwerk gedoen word nie,” lui die verklaring.

Die oorsaak van die brand is steeds onbekend en die US se versekeraars ondersoek dit.

“Die HtB-inwoners was baie teleurgesteld dat hulle nie kan teruggaan nie, aangesien hulle sou verkies om hul studentegemeenskap sover prakties moontlik bymekaar te hou.

“Die US was gelukkig om gedeeltes van geboue te vind waar hulle vir die res van die semester saam in groepe geplaas kon word, eerder as individueel.”

Hiervan is 31 studente na ander verblyf van die universiteit verskuif, 112 is in private verblyf geplaas (in vier behuisingsgeriewe in groepe van tussen 24 en 40 studente) en 13 studente het verkies om hul eie private verblyf te vind.

Teen Sondagaand was feitlik al die studente in hul verblyf vir die res van die semester gevestig.

Teen Sondagaand was feitlik al die studente in hul verblyf vir die res van die semester gevestig. Daar word na nog agt studente se spesiale behoeftes en moontlike verskuiwings omgesien.

Die vroue se besittings wat nie na die nuwe verblyfplekke verskuif kon word nie, sal tot die einde van November gestoor word.

“Sommige studente het al hul handboeke en aantekeninge in die brand of weens waterskade verloor. Fakulteite het die name van hul HtB-studente ontvang met die versoek om hulle op ’n individuele grondslag by te staan volgens hul spesifieke behoeftes aan akademiese ondersteuning.

“Ander praktiese behoeftes wat aandag geniet, is rekenaartoegang, wasserygeriewe, etes, parkering en studentekaarte.”

Prof. Arnold Schoonwinkel, viserektor van onderrig en leer, sê: “Mense verwerk trauma en stresvolle gebeure verskillend. Sommige studente kan moontlik vir ’n langer tydperk hulp nodig hê, en van ons personeellede het dalk ook ’n behoefte aan ondersteuning.

“Ek wil ’n ernstige beroep doen op alle studente en personeel wat deur die brand geraak is, om ag te slaan op jul persoonlike emosionele behoeftes en om hulp te soek indien nodig.”

Meer oor:  Stellenbosch  |  Huis Ten Bosch  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.