Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Veldbrand in Suidwes-VS van die grootste nóg in SA
Brandbestryders het verlede Maandag vergeefs probeer om verwoestende veldbrande in die Vrystaat onder beheer te bring. Foto: Verskaf

Die wegholveldbrand wat verlede week in die Suidwes-Vrystaat gewoed het, is een van die grootste brande wat nóg in Suid-Afrika gewoed het.

Volgens satellietdata wat deur die Vrystaatse sambreelbrandvereniging (FSUFPA) uitgereik is, is 104 235 ha in die Petrusburg-brand vernietig.

Dié massiewe brand het op 12 Julie ontstaan en deur die nag buite beheer gewoed, aangedryf deur ’n sterk wind van tot 70 km/h.

Dié meestal ylbevolkte gebied, waar met vee geboer word, het ’n paar jaar onder droogtes gebuk gegaan voordat goeie reën die laaste drie jaar hier geval het.

Die gebied strek van Petrusburg tot by Edenburg en Jagersfontein.

Dr. Kobus Laubscher, ’n boer van Edenburg, sê die veld was vanjaar in ’n baie goeie toestand, maar boere het nou geen weiveld oor nie.

Weens die sterk wind kon brandbestryders nie die brand onder beheer bring nie en boere het deur die nag hul vee en voerbale na veiligheid geneem.

brande

Net by Edenburg het meer as 2 000 stuks vee doodgebrand.

Die brand is op 13 Julie onder beheer gebring toe weerstoestande verander het.

’n Teenbrand wat teen die N1 deur Working on Fire (WoF) gemaak is, het ook gehelp om die brand onder beheer te bring.

Net in Julie tot dusver is 209 000 ha weiveld in die Vrystaat vernietig.

Johann Breytenbach, voorsitter van FSUFPA, sê hy is bekommerd omdat vanjaar se brandseisoen baie sleg begin het en die werklike hoë risikotydperk vir veldbrande eintlik eers in Augustus begin wanneer warmer winde oor die provinsie waai.

’n Veldbrand waarin sowat 8 848 ha afgebrand het, het ook op 12 Julie by Fauresmith gewoed.

Eskom sê in ’n mediaverklaring 5 251 van sy kliënte in die gebied tussen Standerton en Vrede is van Donderdagoggend af sonder krag nadat ’n teenbrand buite beheer geraak het.

Die brand het van Eskom se infrastruktuur beskadig en Eskom sê die kragtoevoer na die gebied sal eers teen Vrydagoggend herstel word.

Meer oor:  Vrystaat  |  Ramp  |  Skade  |  Veldbrand  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.