Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Veldbrande woed in winderige toestande

Winderige toestande het Maandag op talle plekke in die Vrystaat en Noordwes daartoe gelei dat brandbestryders sukkel om veldbrande in bedwang te bring.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Maandag gesê winderige toestande sal in die suidelike en sentrale dele van die Noord-Kaap, die westelike en suidelike dele van die Vrystaat asook die westelike en suidelike dele van Noordwes ’n bedreiging vir grondeienaars inhou.

Dié toestande sal na verwagting Dinsdag voortduur.

Teen Maandagmiddag is brande in die Vrystaat by Koffiefontein, Jacobsdal, Petrusburg, Fauresmith, Kroonstad, Soutpan en Bainsvlei aangemeld.

’n Veldbrand buite Kroonstad word hier in bedwang gebring.

Teen Maandagaand het die brand by Jacobsdal reeds oor ’n groot gebied gestrek.

Brandbestryders sukkel om die brand te beheer, wat glo ontstaan het toe ’n kragpaal omgewaai het.

In Noordwes het brandspanne ook gesukkel om brande by Christiana, Ottosdal en Klerksdorp in bedwang te bring.

Die Vrystaatse Sambreelbrandvereniging (FSUFPA) het in ’n verklaring gesê windspoed van meer as 70 km/h word tans in dié gebiede gemeet en daar is kommer omdat die winde teen Dinsdag nog gaan waai.

Meer oor:  Vrystaat  |  Noordwes  |  Veldbrande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.