Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Verblyf in Knysna steeds skaars na brande

Dit gaan beter onder omstandighede, maar meer permanente woonplekke bly ’n kopseer. Dit is die boodskap van slagoffers van Knysna se verwoestende brand wat byna sewe maande gelede plaasgevind het.

Struan Law wat op ’n plaas by Belvidere saam met sy kinders gewoon het, sê die groot probleem is steeds verblyf.

Die huis waarin hulle gewoon het en al hul besittings is in die brand op 7 Junie verwoes.

“Voor die brand was verblyf reeds skaars. Nou is dit honderd maal erger. Dit lyk nie of daar lig in die tonnel is nie. Mense het kinders op skool en om die dorp te verlaat is nie ’n opsie nie. Baie van die mense is onder druk as gevolg van die spanning oor verblyf.”

Struan Law saam met sy hond, Dutamis, op 8 Junie vanjaar voor die murasie van sy huis in Belvidere in Knysna. Dit het die vorige aand afgebrand. Foto: Eugene Gunning

Hy en sy gesin moes onlangs tydelik na Sedgefield verhuis. Hul tydelike verblyf in Knysna was geoormerk vir vakansiegangers.

Hy sê mense het geleer om met die druk saam te leef.

Heidi Kidd, eggenoot van kapt. WP Kidd van die Knysna-polisie, sê hulle is gefrustreerd. Die afgelope ses maande het hulle in sewe verskillende plekke gewoon. “Ons is baie dankbaar vir die hulp, maar ons kan nie vestig nie.”

Hulle moes nou in Desember hul tydelike verblyf ontruim as gevolg van die feesseisoen.

“Ons is emosioneel uitgeput. Jy gaan maar aan met jou lewe en ’n mens maak die beste van die situasie.”

Ons is emosioneel uitgeput. Jy gaan maar aan met jou lewe en ’n mens maak die beste van die situasie.

Hulle het alles in die brand verloor.

Daar is ’n bietjie lig in die tonnel, want in Januarie sal hulle vir ’n langer termyn op ’n plek kan woon.

Quentin Haman, wat ook alles verloor het, sê die laaste twee maande gaan dit beter. Hy en sy ma het onlangs ’n meer permanente woonplek gekry.

Kerkinstansies en die Rotariërklub het hulle ook gehelp om gebruiksartikels te koop.

Ds. Eugene Barnard van die NG gemeente Knysna sê die mense het vrede gemaak met die ramp. Hulle sit skouer aan die wiel en is besig met die heropbou van Knysna.

Meer oor:  Knysna  |  Knysna-Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.