Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Verklaar VS, N-Kaap tot rampgebiede, vra parlement

Dele van die Vrystaat en Noord-Kaap wat onlangs deur reuse- en wydverspreide veldbrande geraak is, moet tot rampgebiede verklaar word, vra die parlement.

Mandla Mandela, voorsitter van die portefeuljekomitee oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het dié versoek Dinsdagmiddag aan Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gerig.

“In die nasleep van die verwoestende veldbrande van 18 Oktober is baie plase in gebiede soos Hertzogville, Hoopstad, Bultfontein en Dealesville vernietig. Daar was groot verlies aan eiendom, vee en wild.

In die nasleep van die verwoestende veldbrande van 18 Oktober is baie plase in gebiede soos Hertzogville, Hoopstad, Bultfontein en Dealesville vernietig.

“Ons loof die boere en plaasgemeenskappe dat lewens gered en verseker het dat daar geen sterfgevalle was nie, asook vir hul vinnige optrede om verdere verwoesting en vernietiging van eiendom te verhoed.”

Mandela sê hy vertrou dat die ondersoek die moontlikheid van brandstigting sal uitsluit “aangesien dit ondenkbaar is waarom enigiemand wydverspreide vernietiging sal wil veroorsaak”.

• Intussen het Duma Nkosi, voorsitter van die portefeuljekomitee oor handel en nywerheid, Dinsdag namens die komitee ook ’n beroep gedoen op die regering om sy ondersoeke na die opblaas van pryse vir voedsel, ander varsprodukte, sowel as Covid-19-verwante produkte tydens die inperking, te bespoedig.

Die komitee het Dinsdag gehoor dat die departement van handel en nywerheid binne drie maande tydens die inperking sowat 1 700 klagtes daaroor ontvang het.

Dit word gekoppel aan inflasie- en prysmisbruike op ’n verskeidenheid produkte, soos voedselprodukte, asook produkte wat gebruik word om die verspreiding van die Covid-19-virus te beperk.

Die meeste van die klagtes het uit Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap gekom.

Lees ook:

Regering moet ingryp ná brande in Vrystaat

Boer kritiek ná hy ingryp in gestigte brand in VS

KYK: Brande verwoes 100 000 hektaar; honderde diere vrek

Meer oor:  Vrystaat  |  Noord-Kaap  |  Brande  |  Veldbrande  |  Parlement  |  Vrystaat-Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.