Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Vrystaat-brande verwoes 67 000 ha

Die onlangse brande in die Suid-Vrystaat het meer as 67 000 hektaar weiveld verwoes en tot byna 4 000 vee se dood gelei.

Dit is volgens voorlopige inligting wat Vrystaat Landbou (VL) met ’n aanlyn opname, waaraan 63 respondente deelgeneem het, ingewin het.

Die organisasie het die voorlopige skade van 12 Julie se brande Vrydag aangekondig. Benewens die tienduisende hektaar weiveld wat verwoes is, is 2 017 beeste en 1 953 skape dood, het 415 wild gevrek en is ’n geraamde R2,7 miljoen se strukturele skade aangerig.

Francois Wilken, VL-president, sê boere was tot Donderdag nog besig om opvlambrande te bestry en ander was nog Vrydag besig om beseerde diere te help en dooies te verwyder.

Al die boere kon dus nog nie aan die opname deelneem nie. Sommige boere sukkel ook met hul selfoonsein nadat infrastruktuur in die brande beskadig is.

VL is dankbaar dat geen mense in die brande dood of ernstig beseer is nie.

Boere se onmiddellike behoeftes sluit in geldelike skenkings vir die vervoer van reeds geskenkte voer en voorrade, voerskenkings, dieremedisyne (soos wondsproei en antibiotika), diesel, waterpype en -toebehore, en omheiningsmateriaal.

Boere bedank ander boere en plaaswerkers wat kom help het, asook die Mangaung Sambreel­brand­beskermings­vereniging (Mufpa) en Working on Fire.

Dr. Jack Armour, VL se kommersiële bestuurder, sê hoewel die brande te midde van die plundering in KwaZulu-Natal en Gauteng plaasgevind het, is daar geen bewyse dat dit deur brandstigting veroorsaak is nie.

* Besoek VL se webwerf vir meer inligting indien jy die boere wil bystaan by https://vrystaatlandbou.co.za/fire-disaster-fund

Meer oor:  Vrystaat  |  Weiveld  |  Verwoes  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.