Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Brande
Winde wat brande aandryf, woed voort, sê Weerdiens
Rookwolke het Donderdagoggend dik oor Mosel in Uitenhage gehang. Hier is De Wetstraat teen sonop.Foto: Johan Swiegers

Sterk wind al langs die Tuinroete tot by Port Elizabeth gaan dit moeilik maak vir brandweermanne om die verwoestende brande te stuit, sê Garth Sampson van die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

Twee huise het reeds naby die Van Stadensrivier-omgewing afgebrand en die ses inwoners weet nie waar hulle nou gaan woon nie.

Damian du Rand, sy suster en haar drie kinders het saam met hul huis ook hul hond, Eat a lot, in die brand verloor.

Die houthuis van Gary Corson, sy vrou, Janine, en Kayleigh, hul dogter, is ook in die brand verwoes. Hulle het die huis destyds self gebou.

Sampson sê die wind wat die brande aandryf, sal voortduur.

“Soos die dag vorder, word die kans op reën minder. Geen reën word oor die naweek verwag nie.”

“Ons verwag sterk tot stormsterk wind vir die res van die dag. Dit sal tot 17:00 westelik tot suidwestelik tussen 55 km/h en 65 km/h waai.”

Sampson voeg by dat die wind sal begin afneem, maar dat dit teen 22:00 Donderdag teen tussen 20 km/h en 30 km/h sal waai.

“Dit sal dan in ’n ligte noordwestewind verander en later Vrydag sal die wind uit die noordooste waai.”

Sampson sê daar is Donderdag ’n 30%-kans op reën langs die kus.

“Soos die dag vorder, word die kans op reën minder. Geen reën word oor die naweek verwag nie.”

Intussen is daar gevra dat alle donasies vir die Knysna-gemeenskap na die Bidvest SACD-maatskappy in Deal Party, Port Elizabeth, geneem word. ’n Groot vragmotor gaan alle donasies na Knysna vervoer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.