Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
COVID-19
CR praat dalk vanaand

Pres. Cyril Ramaphosa kan die land reeds vanaand toespreek oor die verslapping van inperkingsregulasies teen Covid-19.

Ramaphosa het die afgelope week met die nasionale koronavirus-bevelsraad, die president se koördinerende raad waarin alle premiers dien, sowel as opposisiepartye vergader.

Rapport verneem by gesaghebbende bronne die verslapping van verskeie inperkingsregulasies is bespreek. Ramaphosa oorweeg dit glo om weer alkoholverkope oor naweke by drankwinkels toe te laat.

Die getal mense wat in die buitelug bymekaar mag kom, kan ook van 100 tot 250 vermeerder word, terwyl die getal mense wat binnenshuis vergader van 50 tot 100 kan vermeerder.

Die aandklokreël, wat tans om 22:00 in werking tree, kan geskuif word na 23:00. Dit sal waarskynlik vir eers steeds tot 04:00 geld.

Alan Winde, premier van die DA-beheerde Wes-Kaap, het Donderdag gesê hy het die president versoek het om die ramptoestand heeltemal af te skaf.

Rapport verneem egter die ophef van die ramptoestand is nie ter sprake nie.

Rapport verneem ook Rama­phosa kan verskeie aansporingsmeganismes aankondig vir mense wat ingeënt is.

Adj.pres. David Mabuza het Woensdag saam met dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, en Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, die regering se nuwe #ReturnToPlay-veldtog bekend gestel.

Die regering wil dit hiermee vir mense moontlik maak om sportbyeenkomste, musiekkonserte en teaterproduksies by te woon as hulle ingeënt is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.