Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
COVID-19
Ent-paspoort: Besluit ‘kom binne weke’

Digitale Covid-19-inentingspaspoorte is dalk binnekort Suid-Afrikaners se voorland as die kabinet sy sin kry.

Mondli Gungubele, minister in die presidensie. Foto: Daily Sun

So het Mondli Gungubele, minister in die presidensie, Dinsdagoggend op ’n nuuskonferensie op die eerste dag van ’n driedaagse regeringslekgotla by die Uniegebou in Pretoria gesê.

Suid-Afrika se ekonomiese herstelplan, sowel as die Covid-19-pandemie en die nasionale inentingsprogram, “wat tans gebiedend noodsaaklik geword het om ons ekonomie te laat herleef”, sal hoog op die agenda wees.

Volgens Gungubele bespreek die kabinet verskeie innoverende planne om mense aan te moedig om hulle te laat inent. “Inentingspaspoorte is een van die opsies wat oorweeg word sodat mense weer sokkerwedstryde kan bywoon, soos reeds oorsee gedoen word.”

In dié verband is dit belangrik om “na ’n digitale inentingspaspoort te kyk omdat ’n kaartpaspoort baie problematies kan wees”.

Daar word nog hieraan gewerk. Gungubele sê hy is seker dat daar binne ’n paar weke ’n besluit hieroor geneem sal kan word.

Ons oorweeg verskillende pakkette, byvoorbeeld of ons dit aan huishoudings of individue moet toeken.

Dit is volgens hom steeds ’n probleem dat soveel Suid-Afrikaners huiwerig is om hulle te laat inent. “Ons werk egter hard daaraan om mense op te voed oor die verhouding tussen inentings en die herlewing van die ekonomie sodat ons die desperate situasie met werkloosheid die hoof kan bied.”

Op die vraag oor die regering se siening oor private maatskappye wat hul werknemers wil verplig om hulle te laat inent, het hy gesê “dit sal ideaal wees as alle Suid-Afrikaners ingeënt word”. Die regering sal egter verseker dat dit nie só gedoen word dat dit die Grondwet skend nie.

Pres. Cyril Ramaphosa en adj.pres. David Mabuza sal dié lekgotla saam lei. Dit word bygewoon deur ministers, adjunkministers, premiers, burgemeesters, die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regerings, direkteurs-generaal en leiers van alle ander staatsinstellings.

Ramaphosa sal met die aanvang van die lekgotla ’n oorsig gee oor die stand van die land sedert 2019 wat ekonomiese groei en die vlakke van armoede, werkloosheid en ongelykheid betref.

Enoch Godongwana, minister van finansies, sal Woensdag ’n fiskale oorsig van die ekonomie lewer, sowel as een oor Suid-Afrika se bestedingsdruk en of daar ’n behoefte is om die komende mediumtermyn-begrotingsraamwerk aan te pas.

Gungubele sê daar sal na alle ekonomiese sektore gekyk word met die fokus op werkskepping, veral na die landbou, wat die land se lae vaardigheidswerker-basis kan versterk.

Volgens hom ondersteun die regering in beginsel die idee van ’n basiese-inkomste-toelaag. “Ons ondersoek nog net hoe presies dit gedoen moet word en hoe volhoubaar dit sal wees.

“Ons oorweeg verskillende pakkette, byvoorbeeld of ons dit aan huishoudings of individue moet toeken. Ons oorweeg dit in die konteks dat ons ’n stadium moet bereik waar geen Suid-Afrikaner nie toegang tot voedsel het nie.”

Meer oor:  Inenting  |  Sertifikate  |  Aanlyn  |  Covid-19  |  Paspoort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.