Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dié projek laat harte warm klop
Marlene Jooste van Ek is ’n Ster het saam met personeellede van Volksblad se promosie-afdeling die bederfgoed uitgedeel. Hier by die kleuters is van links Desiree Mokhoiting, Jooste, Marzaan Venter, Talitha Renaud en Valencia McCaskill. Foto&
Verteenwoordigers van Absa is hier van links Botsepegi Motau, Thelma Botha en Tebello Mofokeng.
Blue Ribbon het broodjies geskenk waaraan die kinders gesmul het. Van links is Valencia McCaskill (Volksblad) Jonas Radebe, Thabiso Mokomela, Carmen Barens, Marvin Harmse en Desiree Mokhoiting (Volksblad).
Guardian Angels, deel van die Ek is ’n Ster-liefdadigheidsinstansie, wat saamgekom het om die serpe en mussies te help uitdeel, is hier van links Rochean Gous, Marlene Jooste, Mareth Jooste, Corneile van der Merwe, Leanka Visser, Marli Walker,
Lekker warm en snoesig is hierdie kleinding bly oor al die bederfies.
Kinders in die Boitshepo-dagsorgsentrum word met warm goed en lekker eetgoed bederf.
Theuns Smuts (92) en sy vrou, Marie (82), van Kestell het as deel van hul 67 minute vir Mandela-dag warm mussies en serpe aan Volksblad se projek geskenk. Dié twee bejaardes, wat albei bedlêend is, brei graag mooi goedjies om mense in no

PERSONEELLEDE van Volksblad se promosie-afdeling, verteenwoordigers van Ek is ’n Ster en die Guardian Angels, Absa, Pioneer Foods en Premier Foods het die kleuters van die Boitshepo-dagsorgsentrum in Bloemside 2 se dag Vrydag vrolik gemaak.

Uit borge se skenkings en lesers se bydraes kon elkeen van die 109 kinders aan dié skool handskoene, ’n mussie en ’n serp ontvang. Hulle is ook elkeen met ’n toebroodjie, lekkergoed, sap en ander peuselgoed bederf.

Louise Venter van Bloemfontein het 150 pakkies skyfies geskenk en sy en ’n vriendin het ’n klompie serpe gegee. Daar is ook baie ander flukse mans en vroue wat help hekel en brei het sodat die kinders kan warm bly.

Die bederfdag was deel van Volksblad en Ek is ’n Ster se Mandela-dagprojek om 67 minute aan liefdadigheid af te staan.

Daar was heelwat ekstra handskoene, mussies en serpe wat ook aan die kinders van Engo se ­Tsepang-huis en ander liefdadigheidsinstansies geskenk is.

Kinders van Peter Swarts naby die dagsorgsentrum het ook nader gestap en het van die skenkings ontvang.

Volksblad het verlede jaar by Marlene Jooste van Ek is ’n Ster se projek om gebreide serpe, handskoene en mussies bymekaar te maak en op Mandela-dag te oorhandig, betrokke geraak.

Cecilia Dithukgoe, skoolhoof van Boitshepo in Peter Swarts, sê hulle is baie dankbaar vir die wonderlike gebaar en dat die warm goedjies regtig baie sal help teen die koue.

Die dagsorgsentrum bestaan reeds ses jaar en lewer ’n waardevolle bydrae om kleuters daagliks te versorg en te onderrig.

• Die borge hierby het almal ’n bydrae gemaak om mussies, serpe en handskoene te koop.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.