Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dr. Marius Barnard sterf
Dr. Marius Barnard (87) is Vrydagoggend oorlede. Foto: Leanne Stander

Die bekende hartchirurg dr. Marius Barnard is Vrydagoggend op 87-jarige ouderdom in Hermanus in die Wes-Kaap oorlede.

Barnard, die broer van wyle dr. Chris Barnard, het om 06:45 rustig in sy slaap gesterf, het sy seun, Adam, gesê. Barnard het ’n jarelange stryd teen prostaatkanker gevoer.

“Die nagversorger het ons almal laat kom. Ek en my ma, Inez, en my twee susters, Marie en Naudene, was by my pa toe hy gesterf het. Sy dood is eintlik ’n bedekte seën. Hy is reeds vir die afgelope twee maande bedlêend gewees en hy het swaargekry,” het Adam gesê.

Begrafnisreëlings word voorlopig vir volgende week Dinsdag of Woensdag beplan.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.