Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drie susterkerke wil weer probeer om hul raad te red
Die drie Afrikaanse susterkerke gaan nóg ’n poging aanwend om hul Tussenkerklike Raad (TKR) te red.
Dit kom nadat die NG Kerk se leiers by sy algemene sinode wou aanbeveel dat hy hom aan die raad onttrek.
Dr. Wim Dreyer van die Hervormde Kerk sê teen dié agtergrond was die voorstel dat die Hervormde Kerk ook onttrek.
Binne die NG Kerk is daar baie ongelukkigheid omdat die laaste algemene sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) nie ’n samewerkingsooreenkoms met die NG Kerk wou sluit nie. 
Dreyer sê daar was verkennende gesprekke tussen die Hervormde Kerk en die GKSA oor samewerking, maar dit het tot dusver op niks uitgeloop nie.
Die samewerking tussen die NG Kerk en die Hervormde Kerk gaan oor verskeie terreine.
Dr. Kobus Gerber van die NG Kerk sê die toekoms van die TKR hang af daarvan of die GKSA bereid sou wees om bilaterale ooreenkomste met die ander kerke te sluit.
Ds. Cassie Aucamp van die GKSA sê die NG Kerk het nie aan hulle gesê hul moontlike onttrekking aan die TKR gaan oor die bilaterale ooreenkoms nie.
Sy kollega dr. Pieter Kurpershoek sê hul sinode het nie die bilaterale byeenkoms afgewys nie, maar dit verwys sodat kwessies waaroor daar kommer mag wees, uitgestryk kan word.
Dis juis waaroor hulle in die TKR met die NG Kerk wil praat.
Aucamp sê hulle wil werk in die rigting van bilaterale ooreenkomste met albei ander kerke.
Gerber sê die aanbeveling aan die sinodes is nou dat die TKR toegespits moet wees op gestruktureerde samewerking tussen die drie kerke. Die gedagte is dat dit moet uitloop op vorms van eenheid “wat organisatoriese nagevolge sal hê”.
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.