Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
2 boorgate lewer water aan Graaff-Reinet
Gift of the Givers boor tot ná donker op die terrein van die Spandau Sekondêre Skool in Graaff-Reinet.Foto: Gideon Groenewald

Albei boorgate wat Gift of the Givers tot dusver by Graaff-Reinet geboor het, het Donderdag ’n sterk stroom water na dié droë dorp gelewer.

Die noodlenigingsorganisasie het Dinsdag sy eerste boorgat tot op 40 m gesink, waarna daar teen die aand besluit is om eerder ’n tweede gat 24 m noord te boor.

Teen Woensdagmiddag het hierdie gat op 80 m water gelewer, maar dit is verder tot op 108 m geboor, waar dit tans 2 000 liter water per uur lewer.

Gister is besluit om weer die eerste boorgat te takel en dieper te boor en skaars 16 m van waar Woensdagaand opgehou is, is weer water getref. Omdat dié breuk meer drasties is, is die verwagting dat dit selfs ’n sterker stroom water as die ander gat sal lewer.

Gift of the Givers beplan om nog ’n hele paar gate te sink, onder meer by ouetehuise en klinieke. “Ons boor in die hoogste dele van die berg waar ’n boor moontlik kan uitkom – geen geoloog wat by sy volle verstand is, sal ooit so hoog gaan boor om ’n gemeenskap water te gee nie. Maar ons werk in geloof,” sê Dr Gideon Groenewald, wat meer as 40 jaar se ervaring as paleontoloog, hidroloog en geoloog agter die rug het.

“Dit is wel belangrik dat die publiek moet verstaan ons boor nie ’n gat vir ’n bepaalde skool of ’n tehuis nie. Ons sink gate vir die hele Graaff-Reinet sodat ons in die behoeftes van die breë gemeenskap kan voorsien. Ons watertenkwaens kan dan by al hierdie punte hervul.”

Nadat die boorspan Woensdagoggend moes ontdek dat booswigte alle los toerusting en diesel oornag van die boorplek weggedra het, is ’n paar slim planne beraam om met die noodsaaklike werk te kon voortgaan. Die span pak nou saans alles op en slaan die volgende dag weer van voor af op.

“Dit vat ’n bietjie tyd, maar ons is nie manne wat gou opgee nie,” sê Groenewald.

Water spuit uit ‘n boorgat wat Gift of the Givers op Graaff-Reinet gesink het. Foto: Gideon Groenewald

Meer oor:  Gift Of The Givers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.