Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Agri SA: Uitsette 9,2% laer as in 2018

Meer as ’n derde (37,44%) van die land se landelike gemeenskappe word geraak deur die droogte wat die land in ’n knyptang het, sê Agri SA.

Die organisasie het Dinsdagoggend op ’n nuuskonferensie in Centurion bekend gemaak landbou se reële uitsette was in die eerste helfte van vanjaar 9,2% laer as in 2018.

Die droogte in die Wes-Kaap het ’n groot invloed op die totale landbouproduksie gehad. Dié provinsie se uitvoer het met 25% gedaal.

Die droogtetoestande van 2013, 2015, 2016 en vanjaar maak dit baie moeilik vir mielieboere in veral Noordwes en die Vrystaat.

In die Noord-Kaap en die Vrystaat het die getal werksgeleenthede met onderskeidelik 22,5% (9 000 poste) en 24,8% (18 000) op ’n jaar-tot-jaar-grondslag gedaal.

Die droogte het ook ’n baie negatiewe invloed op boere se finansiële posisie. Dié druk en die skuldlas van boere neem toe en baie boere oorweeg dit om hul heil in die stede te gaan soek.

Die veebedryf word ook ernstig geraak.

Agri SA het op die nuuskonferensie ’n omvattende verslag oor die droogte bekend gemaak.

Hou Netwerk24 dop vir meer later.

Omri van Zyl (naasregs), uitvoerende hoof van Agri SA, Dinsdagoggend aan die woord op ’n nuuskonferensie by Agri SA se hoofkantoor in Centurion. Foto: Sarel van der Walt

Meer oor:  Omri Van Zyl  |  Agrisa  |  Landbou  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.