Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Baai amptelik rampgebied weens droogte

Mongameli Bobani, Nelson Mandelabaai se burgemeester, het uiteindelik ’n verklaring onderteken dat die stad in die greep van ’n droogte is.

Die ondertekening van dié amptelike verklaring beteken dat die metro as rampgebied geklassifiseer word en voortaan sal kan aansoek doen vir toelaes van die nasionale tesourie.

Daar was kommer uit verskeie oorde omdat die papierwerk weke lank op Bobani se lessenaar gelê voordat hy dit onderteken het.

Sy woordvoerder, George Geleba, sê Bobani was besig om te konsulteer met die politieke leierskap sowel as die metro se regspan oor sekere aspekte van die verklaring.

Mongameli BobaniFoto: Argief

Luidens Geleba kan die metro nou sy begroting aanpas om droogte-ingrypingsprogramme toe te pas met die oog daarop om waterverbruik te verminder.

Die metro gaan onder meer deur bewusmakingsveldtogte inwoners aanmoedig om water spaarsamig te gebruik.

Wat waterbeperkings aanbetref, gaan die metro ’n beperking van 15 kl per maand per huishouding instel.

Die opvul van swembaddens, was van motors en watergebruik vir enigiets anders as basiese noodsaaklikheid sal verbode wees.

Intussen word inwoners aangemoedig om waterlekke by 0800 205050 aan te meld. Alle lekke gaan op ’n databasis gevoeg word.

Volgens Geleba het die metro sedert Augustus 2016 altesaam 13 loodgieters aangestel om waterlekke te herstel.

’n Diensverskaffer is ook onlangs aangestel om die probleem te probeer oplos.

Sputnik Ratau, woordvoerder van die nasionale departement van water en sanitasie, het in ’n verklaring inwoners aangemoedig om hul drinkwater te kook weens moontlike bakterieë.

In die verklaring sê Ratau inwoners van die metro het gekla oor drinkwater en gesê die water uit hul krane is “donker”.

Meer oor:  Droogte  |  Rampgebied  |  Nelson Mandelabaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.