Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Baai se damvlakke daal verder

Inwoners van die Nelson Mandelabaai-metro word gevra om hul krane nóg stywer toe te draai weens die voortdurend dalende damvlakke.

Die Kouga- en die Impofu-dam, twee van die damme wat water aan die metro verskaf, het die afgelope week verder gedaal en is nou op onderskeidelik 8,76% en 34,12%.

Die metro se gemiddelde damvlak is vandeesweek 21,59%, teenoor 39% in die ooreenstemmende tydperk in 2017.

Athol Trollip, burgemeester, het op die spesiale raadsvergadering die afgelope week gesê die gemiddelde damvlak is nou die laagste wat dit al ooit in ’n droogte was.

“Die Nelson Mandelabaai-metro is steeds in die kloue van die ergste droogte nog. Die laagste gemiddelde damvlak in vorige droogtes was 33%,” sê Trollip.

Hy sê meer as die R97 miljoen wat deur die ramphulpfonds bewerkstellig is om die uitwerking van die droogte in die metro te help verlig, is nodig om watersekuriteit te verseker.

Die departement van water en sanitasie doen ’n beroep op inwoners in die provinsie om water spaarsamig te gebruik, asook alle sektore om te hou by die bestaande waterbeperkings.
Sputnik Ratau

Die langtermynlenings waarop die metro vroeg in 2017 ooreengekom het om uit te neem, sal gedeeltelik gebruik word om projekte te finansier wat watersekuriteit vir die metro sal help bewerkstellig.

“Die droogte is ’n baie ernstige saak. Dit belemmer mense om in die stad te belê.

“Ek glo dit sal reën. Elke droogte word deur reën gebreek, daarom leen ons geld, wat onder meer vir die agterstand aan infrastruktuurinstandhouding gebruik sal word.”

Intussen het die departement van water en sanitasie gesê behalwe in die Amathole-waterstelsel, het die res van die Oos-Kaap se damvlakke ook die afgelope week verder gedaal.

Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement, sê in ’n verklaring die Mzimvubu-Tsitsikama-opgaardam het tot 67,7% gedaal, terwyl die Amathole-waterstelsel se gemiddelde damvlak van 69,6% tot 91,7% gestyg het.

Desondanks het die provinsie se gemiddelde damvlak effens gedaal van 68,2% verlede week tot 67,9%.

“Die departement van water en sanitasie doen ’n beroep op inwoners in die provinsie om water spaarsamig te gebruik, asook alle sektore om te hou by die bestaande waterbeperkings.”

Meer oor:  Nelson Mandelabaai-Metro  |  Kougadam  |  Droogte  |  Damvlakke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.