Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Beaufort-Wes: Boorgat sal 2 000 liter per dag gee

Geld is bewillig vir die ontwikkeling van ’n tweede boorgat van die Raad vir Geowetenskap (CGS) in Beaufort-Wes.

Die Gamkadam in September vanjaar. Foto: Marlene Hendricks

Volgens die munisipaliteit sal die boorgat by Steenoonde ongeveer 3 liter water per sekonde lewer, oftewel sowat 216 00 liter daagliks. Die dorp het tans ’n tekort van 500 000 liter water per dag.

Volgens die munisipaliteit het die departement van landelike ontwikkeling geld bewillig vir die ontwikkeling van die boorgat.

In Desember 2017 is bekend gemaak dat die CGS ’n varswaterbron ontdek het toe hy navorsing oor skaliegas in die gebied gedoen het. Die departement van minerale bronne en die CGS het twee boorgate getoets en gesink. Die eerste boorgat is sedert Februarie vanjaar in gebruik.

Volgens die munisipaliteit beskik hy tans oor 27 boorgate wat 84% van die dorp se water voorsien. Die ander 16% is afkomstig van die dorp se waterherwinningsaanleg.

Die munisipaliteit doen weer ’n dringende beroep op mense om water spaarsamig te gebruik.

Volgens die munisipaliteit belemmer beurtkrag die watervoorsiening omdat die boorgate en die watersuiweringsaanleg afhanklik is van elektrisiteitsvoorsiening. Die dorp se drie reservoirs se vlakke is onderskeidelik 15,1%, 29.9% en 9,7%.

Omdat die reservoirs se vlakke so laag is, kan hoogliggende gebiede onderbrekings in die watertoevoer verwag, sê die munisipaliteit.

Die Gamkadam is steeds leeg. Vlak 4-waterbeperkings is tans van krag in die munisipale gebied en huishoudings mag maandeliks slegs 10 kiloliter water gebruik.

Meer oor:  Beaufort-Wes  |  Boorgat  |  Droogte  |  Munisipaliteit  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.