Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Beaufort-Wes: Gamkadam 37% vol ná goeie reën

Die Gamkadam in die droogtegeteisterde Beaufort-Wes in die Sentraal-Karoo was Woensdag sowat 37% vol ná goeie reën.

“Ons is baie bly oor die reën,” sê Noel Constable, Beaufort-Wes se burgemeester.

Volgens hom beteken dit nie dat die droogte gebreek is omdat die dam voller is nie. “Ons moet nou kyk hoe reageer ons boorgate op die ondergrondse water.”

Die Rietrivier tussen Sutherland en Fraserburg kom af ná goeie reën. Foto: Sybrand Burger

Hy sê ’n spesiale raadsvergadering sal volgende week gehou word waar die pad vorentoe en beurtwater bespreek sal word.

Dit het 75 mm gereën op ’n plaas in die berg in die opvangsgebied van die Gamkadam, sê Hein Rust, bestuurder van rampbestuur in die Sentraal-Karoo. “Die reën het drie dae lank daar geval. Dit was nie hard nie, maar sagte, deurdringende reën.”

Op ander plekke in die Beaufort-Wes-gebied het die reënval van 10 mm tot 15 mm gewissel. In Merweville het dit egter goed gereën en tussen 30 mm en 60 mm is gemeet, sê hy.

“In die res van die Karoo het dit baie min gereën met 2 mm tot 3 mm plek-plek.”

Ondanks voorspellings was daar geen vloede nie.

Tussen Sutherland en Fraserburg in die Noord-Kaap is meer as 120 mm reën gemeet op plase op die Rantepad, sê Hester Obermeyer, skakelbeampte van die Sutherland-droogtekomitee.

Dit het Maandagnag in die gebied begin reën.

In Sutherland self het dit maar so-so gereën met 3,5 mm en 7 mm wat op plase gemeet is, en Fraserburg se reënval is ook dieselfde as Sutherland s’n, sê sy.

Op die Rantepad tussen Sutherland en Fraserburg het dit egter baie gereën. “By Kobus Olivier op die Rhenoster Valley-gasteplaas het dit 150 mm gereën en Dinsdagaand by Aarfontein 120 mm. Dit kan nou al meer wees. Dit was sagte reën. Die Rietrivier het afgekom en onder by Eendekuil was dit ook in vloed.”

Volgens haar is die droogte geensins gebreek nie. “Die laaste twee dae saam het daar maar so 10 mm reën in Sutherland geval. So die droogte is beslis nog nie gebreek nie.”

Meer oor:  Beaufort-Wes  |  Gamkadam  |  Reën  |  Droogte  |  Damvlakke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.