Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Beaufort-Wes het dringend water nodig

Beaufort-Wes het dringend water nodig.

Die dorp sal na verwagting Woensdag op ’n spesiale raadsvergadering tot droogte-rampgebied verklaar word.

Die Gamkadam by Beaufort-Wes. Die foto is Maandag geneem. Foto: Marlene Hendricks

Die Gamkadam is steeds dolleeg,” sê Marlene Hendricks, ’n munisipale woordvoerder wat gemoeid is met water. “Daar is slegs ’n klein bietjie modderwater in die dam waarin ’n paar dooie visse lê.”

Noel Constable, Beaufort-Wes se burgemeester, het die dam Maandag besoek.

Volgens Hendricks het Beaufort-Wes tans 2 500 liter water wat gestoor word. Ligte reën wat die naweek in die gebied geval het, het geen invloed op die dorp se watersituasie gehad nie.

“Ons doen ’n beroep op mense om asseblief water vir die dorp te skenk.”

Die Beaufort-Wes-munisipaliteit waarsku dat beurtwater moontlik in die volgende paar dae ingestel kan word.

Die vlakke van die dorp se drie reservoirs was Maandag onderskeidelik 13,4%, 24,5% en 0% (die grootste van die drie).

Die dorp het 39 boorgate waarvan 29 operasioneel is, maar vyf van die 29 gee ook probleme.

Die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers, asook die Cape Town Water Warriors, het reeds water aan die dorp geskenk.

Vlak 5-beperkings geld tans in Beaufort-Wes.

Die Beaufort-Wes-munisipaliteit hou op 16 September om 15:00 ’n biddag vir reën by die Rustdene-sportterrein.

Meer oor:  Noel Constable  |  Beaufort-Wes  |  Droogte  |  Water  |  Gamkadam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.