Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Beaufort-Wes juig oor reën

Inwoners van Beaufort-Wes het Dinsdag wakker geword met die klank van reën wat hulle hoop lank genoeg sal val om die katastrofiese droogte daar te breek.

So sê Marlene Hendricks, woordvoerder van die munisipaliteit.

“Dit is ’n ongelooflike gevoel om die reën te hoor, om die reën te voel, om die water in die straat te sien loop. Ons is so dankbaar dat dit reën,” het sy gesê.

Die Weerdiens het die dorp gewaarsku dat daar Dinsdag tussen 12:00 en 23:00 gevaar van vloede is. Tog was mense verheug om te sien hoe diere op die plase na die poele water stap en water drink sedert die reën Maandag begin het.

’n Dolleë Gamkapoortdam vroeër buite Beaufort-Wes. Deesdae is baie inwoners van dié streek afhanklik van boorgatwater. Foto: MARTIN HARVEY

Volgens Hendricks was sommige mense Dinsdagoggend laat vir werk omdat hulle in die waterpoele gespeel het of sommer net daarin gestaan het om die gevoel te geniet.

Sy sê die reën sal hopelik die grondwatertafel aanvul en die inwoners en boere hoop gee.

Sedert Januarie is die watersituasie so benard dat noodbeperkings van tien liter ’n dag vir mense in die hoërliggende gebiede geld en beurtwater is ingestel.

Die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers het gehelp deur nuwe boorgate te sink en gebottelde water by huise af te lewer.

Hendricks het gesê hulle sal steeds suinig met water werk totdat hulle heeltemal buite gevaar is.

Beaufort-Wes is afhanklik van drie waterbronne: hoofsaaklik die Gamkadam, Springfonteindam en die Walkerdam, asook 36 boorgate en ’n waterherwinningsaanleg.

Meer oor:  Gamkapoortdam  |  Beaufort-Wes  |  Droogte  |  Boerdery  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.