Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Beaufort-Wes kry 130 000 l. water

Beaufort-Wes het ’n skenking van 130 000 liter niedrinkbare water vir sy herwinningsaanleg van die noodleniging-organisasie Gift of the Givers gekry.

Niedrinkbare water word in Beaufort-Wes afgelaai.

“Die vlak van die dorp se drie reservoirs bly onder 20%,” sê Marlene Hendricks, ’n munisipale woordvoerder.

Pakhuise in die droogtegeteisterde dorp is vol houers met water wat geskenk is. Die water sal in noodsituasies gebruik word. “Nou wag ons net op die reën.”

Vandale het onlangs twee boorgate en waterpype in afsonderlike voorvalle beskadig, volgens die Facebookblad van die Beaufort-Wes-munisipaliteit.

Vlak 5-waterbeperkings is van krag. In September is beurtwater ingestel wat op verskillende dae en tye in woonbuurte toegepas word.

Die Gamkadam is steeds leeg en inwoners word gevra om water te bespaar.

Die departement van water en sanitasie het ’n beroep op mense gedoen om nie onnodig toilette te spoel nie, krane toe te draai terwyl hulle tande borsel of gesig was, lekkende krane by plaaslike owerhede aan te meld en water in huishoudings te herwin.

Die Gamkadam

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  Beaufort-Wes  |  Drinkwater  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.