Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Begroting: Droogtehulp welkom, maar invloed op dienste kan lol

Agri Wes-Kaap het die bystand aan die landbousektor wat in Woensdag se begrotingsrede aangekondig is verwelkom, terwyl die provinsiale regering bekommerd is dat verdere besnoeiings dienslewering kan raak.

Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, het Donderdag in ’n verklaring gesê Tito Mboweni, minister van finansies, het in sy begrotingsrede aandag gegee aan verskeie van die kwessies wat hy as kritiek vir groei en volhoubaarheid in hierdie sektor sien.

“Ons is veral tevrede met die minister se onderneming om geld beskikbaar te stel vir landboukolleges en vir die werwing en opleiding van voorligtingsbeamptes.”

Volgens Strydom streef die landbousektor na beleggings en stabiele groei en daarom moet mense wat die sektor betree oor die toepaslike vaardighede beskik.

Veral opkomende boere moet behoorlike en ingeligte ondersteuning kry, luidens die verklaring.

Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap.

Agri Wes-Kaap het ook die bykomende geld wat vir droogtehulp opsy gesit is, verwelkom, met R500 miljoen wat voorlopig vir ramphulp toegewys is.

“Die Sentraal-Karoo-distrik en Matzikama is in die sesde jaar van ’n ernstige droogte, terwyl die Klein-Karoo ook ly weens die invloed van jare se ondergemiddelde reënval.”

David Maynier, LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede.

Intussen het David Maynier, LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, Woensdag gesê Mboweni het beheer oor staatsfinansies verloor en die provinsies gaan aansienlike begrotingsbesnoeiings op mediumtermyn moet absorbeer om “zombie-staatsondernemings” ’n finansiële hupstoot te gee.

Dit sal waarskynlik dienslewering in provinsies soos die Wes-Kaap raak.

“Die provinsies gaan ’n vermindering van R7,3 miljard in hul begrotings, ’n vermindering van R18 miljard in toelae van die nasionale regering en ’n gedeelte van die voorgestelde besnoeiing van R160,2 miljard aan die staat se salarisrekening op mediumtermyn tussen 2020-’21 en 2022-’23 moet dra.”

Volgens Maynier word die “afgryslikheid” van die nasionale regering se wanbestuur van staatsfinansies daardeur weerspieël dat ondanks die aansienlike besnoeiing aan provinsies se begrotings, staatskuld steeds op mediumtermyn buite beheer sal raak.

Dit beteken dat die nasionale regering R290 miljard in die boekjaar 2022-’23 gaan bestee om skuld te delg, wat vyf keer meer is as wat die provinsiale regering aan dienslewering, onderwys, gesondheid en maatskaplike ontwikkeling in die boekjaar 2019-’20 gaan bestee, sê Maynier.

“Ons sal ons bes doen om besteding op dienste in die provinsie te beskerm en sal ons reaksie lewer wanneer die provinsiale begroting in die wetgewer ter tafel gelê word.”

Meer oor:  David Maynier  |  Jannie Strydom  |  Ekonomie  |  Jse  |  Begrotingsrede  |  Begroting  |  Begroting2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.