Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Bloem kan in Desember sonder water wees
So word water uit 'n brandkraan van die Mangaung-metro gebruik om 'n swembad te vul. Toe die eienaar hieroor gekonfronteer is, het hy die naam van ’n senior amptenaar genoem wat hiervoor toestemming sou gegee het.

Die Welbedachtdam, Bloemfontein se hoofwaterbron, is so leeg dat die stad in Desember sonder water kan sit, waarsku Rossouw Botes, DA-raadslid en waterkenner.

Die vlak van die dam het Woensdag van net 9% tot 36% gestyg danksy water wat uit die Knellpoortdam gelaat is.

Dit bly ’n groot bron van kommer omdat die Welbedachtdam, wat 69% van Bloemfontein se water voorsien, tot so hoog as 97% toegeslik is.

Daar word regtig nie genoeg gedoen om water te bespaar nie.
Rossouw Botes

Botes sê verskeie Vrystaatse en Noord-Kaapse dorpe en stede het reeds nie elke dag water nie en meer gaan volg as dit nie gou reën nie.

Kido Thoabala, kommunikasiebestuurder van die departement van waterwese en sanitasie in die Vrystaat, het bevestig dat water uit die Knellpoortdam vir die Welbedachtdam gelaat word. Sy sê die vlak van die Knellpoortdam het Woensdagoggend op 38% gestaan.

Botes sê die vlak van die Welbedachtdam het op 3 Oktober vanjaar nog op 48,9% gestaan, maar water is uit die dam gelaat.

Water uit 'n brandkraan is gebruik om ’n swembad by die huis te vul.

Hy sê Bloemfontein se waterverbruik was in September 135 megaliter (miljoen liter) tot 141 megaliter water per dag met Thaba Nchu en Botshabelo uitgesluit. Met Botshabelo en Thaba Nchu bygereken, is dit sowat 206 megaliter per dag.

Hy sê die daaglikse verbruik is soveel as 4 000 swembaddens van gemiddelde grootte wat elk sowat 50 000 liter water kan neem.

“Intussen het water Dinsdag by die Bloemfonteinse verkeersdepartement gespuit dat dit soos die paradys lyk. Mense het vir my foto’s hieroor aangestuur. Daar word regtig nie genoeg gedoen om water te bespaar nie.”

Hy sien oral in die stad hoe inwoners tuine met tuinslange natspuit sonder dat teen hulle opgetree word.

Die Mangaung-metro in Bloemfontein het ook nog niks gedoen om die stad se waterbesparingsmaatreëls van 20% tot 30% te verhoog, soos wat die minister van waterwese en sanitasie, Nomvulu Mokonyane, op 26 Augustus in die Staatskoerant afgekondig het nie, sê Botes.

Adv. Tankiso Mea, waarnemende stadsbestuurder, sê ’n spesiale raadsvergadering sal binnekort hieroor gehou word.

Buks Kleingeld, ’n inwoner van Bloemfontein, het Woensdag gesê hy sien oral in die stad hoe inwoners tuine met tuinslange natspuit sonder dat teen hulle opgetree word. “Ek het dit aan die DA ook vermeld, maar niks word gedoen nie.”

Kosbare water in Bloemfontein word uit die brandkraan van die Mangaung-metro oorkant die pad gesteel om 'n huis se private swembad mee op te vul.

DA-raadslede sê hulle herinner amptenare gereeld daaraan om wetstoepassing te doen.

’n Inwoner van Universitasrif het Saterdag tussen 09:00 en 10:00 gesien hoe ’n kontrakteur met ’n vragmotor waarmee dreine oopgespuit word, ’n private swembad in Universitasrif vol water maak uit ’n brandkraan. Toe hulle gekonfronteer word, het hulle glo die naam van ’n baie senior amptenaar van die metro gebruik en gesê hy het hiervoor opdrag gegee.

Netwerk24 het die amptenaar gebel, maar hy het nie sy telefoon beantwoord nie.

Die metro se waterbesparingsmaatreëls verbied dit dat swembaddens gevul word.

So word water uit 'n brandkraan getap om 'n private huis se swembad te vul.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.