Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Boer en sy vrou dans om dankie te sê vir die reën

“Ons dans altyd wanneer dit reën,” sê Marinda Joubert van die plaas Langverwacht buite Ventersburg.

Joubert het Donderdag ’n foto van haar en haar man, Wikus, op Facebook gedeel waar hulle in die reën op hul plaas dans.

Die Joubert-egpaar is al 30 jaar getroud en sê hulle doen elke jaar ’n reëndans wanneer dit lekker gereën het.

Hul dogter, Mariska, het die foto geneem waar hulle op die plaaswerf dans.

Marinda en Wikus Joubert van Ventersburg doen hul reëndans op die plaas Langverwacht buite Ventersburg terwyl die skaaphond, Rex, toekyk. Foto: Facebook/ Mariska Joubert

Op die foto bekyk die jong skaaphond, Rex, nuuskierig dié dansery.

Joubert sê dit was die afgelope tyd baie droog en hulle het eers die afgelope week genoeg reën gekry sodat Wikus sonneblomme kon begin plant.

“Ons is nie groot boere nie. Wikus plant sowat 300 hektaar op twee plase en het gister begin om die eerste stukkie te plant, maar nou kan ons aangaan nadat dit nog 17 mm in die nag gereën het.”

Hy was baie teneergedruk want daar was nog net ’n maand oor waarin ons kon plant, sê sy.

Om ons reëndans te doen is ons manier om dankie te sê.

“Die Here laat ’n mens nooit in die steek nie.”

Ons is baie lief vir dans en Wikus stuur my gewoonlik in ’n sokkie-styl, sê sy.

Die Jouberts het soos die meeste boere die afgelope paar jaar gebuk gegaan onder die droogte en is verheug dat dit nou gereën het.

Meer oor:  Dans  |  Vrou  |  Boer  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.