Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Boere dans op Appel se ‘Tameletjie’ toe milde reën val

“Tameletjie, Tameletjie hoor my nou!”

Dít is die woorde wat in jou kop vassteek as jy nes duisende ander op Facebook die vrolike video van ’n gesin boere gekyk het wat in die reën dans.

“Ek sê maar manne en manninne, want ek weet julle gaan vir julle vroue by die huis ook wys. Hier vat ons hom weg!”

Wiehan van der Merwe skoffel saam met sy ma, Daleen, in poele water op Ingwe Lodge, hul gasteplaas naby Patensie in die Oos-Kaap. Foto: Verskaf

Só begin Wiehan van der Merwe van Patensie in die Oos-Kaap die video voordat hy langs die bewegende bakkie tussen die beesmis dans.

Hy maak al dansend die plaashek oop voordat hy by ma, Daleen, inhaak en in die poele lyfswaai.

Ook pa, Lukas, val in met ’n dansie. Hy spring in die beeste se krip vol reënwater in sy gejuig oor die genadewater.

En só kry Lize Beekman se “Ek het ’n boer sien dans” deur Appel se “Tameletjie” gestalte.

“My ma’t gesê sy hou van jou! My ma’t gesê ek kan maar trou!”

Die milde reën het by plekke soos Douglas en Prieska in die Noord-Kaap skade aangerig.

Dele van die Oos-Kaap, wat tot onlangs onder erge droogte gebuk gegaan het, het in die laaste tien dae tot 45 mm reën gekry.

Noupoort het 32 mm gekry, Queenstown 44 mm en Upington 13 mm. Ander droogtegeteisterde dele in die Karoo soos Niewoudtville het steeds geen reën gekry nie.

Willem Cillie skryf op die Karoo-groep hulle het gebid vir reën en toe kom dit Saterdag.

“Eers hael en toe 63 mm in vier uur. Dit reën Maandag nog steeds. Taamlik skade aan infrastruktuur. Paaie onbegaanbaar. Waterpype het weggespoel. Kampterrein was meer as twee meter onder water, maar ons is dankbaar vir die reën.”

Nedine Geldenhuys skryf op Reënval in SA op Facebook sy kon nie glo hoe vol die Prinsrivierdam tussen Ladismith en Montagu in die Klein-Karoo is toe hulle die naweek daar ’n draai gemaak het nie.

“Die paaie het erg ná die groot reën gelyk.”

Sy sê hoewel sy dankbaar saam met die boere is, het sy meegevoel met dié wat grond weens die swaar reën verloor het.

Die milde reën het by plekke soos Douglas en Prieska in die Noord-Kaap skade aangerig.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ’n uiters hoë brandgevaar in die noordelike en westelike streke van die Noord-Kaap.

Bewolkte weer en donderbuie word vir Dinsdag in Pretoria, Johannesburg, Oos-Londen en Pietermaritzburg voorspel.

KYK DIE VIDEO HIER:

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Patensie  |  Droogte  |  Video  |  Reënval  |  Boere  |  Dans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.