Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Boere help hoop bring in Griekwastad-omgewing
Die Hoërskool Douglas het Vrydag ’n muntinsameling gehou en altesaam R5 000 vir die boere ingesamel. Foto: Pat Hodgkiss/Reënval in SA

’n Groep jong boere van Douglas in die Noord-Kaap wat anoniem wil bly, het binne ses ure R300 000 se droogteskenkings bymekaar gemaak en is steeds aan die insamel.

Een van die boere wat die skenkings inisieer het, sê die volgende oggend het borge uit alle oorde ingestroom.

“Dit is van ’n baaltou, mielies, balers wat beskikbaar gestel is deur van ons plaaslike koöperasies, trekkers, en diesel wat boere gegee het.”

Hulle het twee dae daarna mieliereste begin baal vir die boere wat oorlêlande het.

Drie vragte hoendermis is ook die volgende week afgelewer, wat hulle in Griekwastad kon verpak.

“Op dié oomblik ry ons seker al vir vier, vyf weke aanmekaar bale weg in vragmotors wat die ouens beskikbaar gestel het.”

Die Hoërskool Douglas het Vrydag ’n muntinsameling gehou en altesaam R5 000 ingesamel.

Die Hoërskool Douglas het Vrydag ’n muntinsameling gehou en altesaam R5 000 ingesamel.

Die skenkings is vir boere in die Griekwastad-omgewing wat reeds die afgelope drie jaar ’n knellende droogte ervaar en bykans alle hoop laat vaar het.

“Daar is plase wat die laaste jaar net 30 mm reën gekry het. Die wild en vee is letterlik besig om dood te gaan. Hulle loop en vrek.”

Die jong boere het sowat ’n maand gelede ’n klompie boere wat die omgewing baie goed ken byeen gekry.

Tot 500 mielieres-bale is die afgelope ruk aan sukkelende boere in die Griekwastad-streek in die Noord-Kaap geskenk. Jong boere kon binne ses ure tot R300 000 se borge bymekaarmaak om die boere te help. Foto: Verskaf

Hulle het toe mieliereste begin baal en twee mans permanent in diens gestel om die skenkings te kontroleer.

“Dit is net om te sien waar die nood die grootste is.”

Hy sê hulle kan dalk nie die boere se vee vet kry nie, maar wel aan die gang kry.

“Ons groot doel is om daai mense hoop te gee.”

Die skenkings het gesorg vir ’n “nuwe gemoed” onder die veeboere in Griekwastad, sê hy.

Hulle maak tans 6000 tot 7 000 bale wat oor die volgende paar weke voltooi sal wees.

“Dan gaan die mieliereste op die lande klaar wees en dan hoop ons om teen Desember gars en koringreste te gee.”

Meer oor:  Griekwastad  |  Geldinsameling  |  Droogtehulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.