Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
'Boere kyk hulpeloos toe hoe diere vrek'

“Die boere wat geraak word, moet hulpeloos sit en toekyk hoe al hoe meer van hul diere, wat ’n inkomste vir hulle en hul gesinne verskaf, elke dag verdwyn.”

So sê Imtiaz Sooliman, stigter van die nieregeringsorganisasie Gift of the Givers, wat dit nou oorweeg om ’n vragmotor en sleepwa te koop om sodoende die droogtehulp wat hulle aan desperate boere in die Noord- en Oos-Kaap bied, uit te brei.

Die situasie in die droogtegeteisterde gebiede is hartverskeurend. Foto: Verskaf

Dié organisasie het reeds in samewerking met die plaaslike Goeie Samaritane honderde ton veevoer aan droogtegeteisterde gebiede oor die land heen geskenk, maar sê daar is nog baie om te doen.

Sooliman sê hy weet van minstens een boer wat twee maande gelede sy eie lewe geneem het weens die skade wat hy gely het.

Meer onlangs het ’n boer en sy vrou 157 kalfies waarvan die ma’s te swak en ondervoed was om na hulle te kyk, probeer red. Net agt van die kalfies het oorleef.

“Hulle is heeltemal hulpeloos en besig om vinnig hoop te verloor en hul diere benodig dringend voer omdat die droogte alle plantlewe vernietig het. Maar daar is hoop.”

Boere in dele van die droogtegeteisterde Noord- en Oos-Kaap sukkel om voer vir hul diere te kry. Foto: Verskaf

Volgens hom is veral Springbok, Eksteenfontein, Aberdeen en die omliggende gebiede swaar deur die droogte getref.

Boere wat moontlik hulp kan verleen, kan die tolvrye noodnommer 0800 786 777 bel indien hulle voer of ander hulp na die gebiede wil stuur.

Gift of the Givers laai veevoer vir die droogtegeteisterde gebiede af. Foto: Verskaf

Meer oor:  Imtiaz Sooliman  |  Noord-Kaap  |  Oos-Kaap  |  Droogtehulp  |  Gift Of The Givers  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.