Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Bystand gaan voort aan W-Kaapse dorpe wat onder droogte ly

Die Wes-Kaapse regering sê bystand word steeds gelewer aan gebiede in die Sentraal-Karoo en die Tuinroete wat onder die droogte gebuk gaan.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het Maandag gesê van die grootste bronne van kommer is die gemeenskap van Herbertsdale en Merweville waar erge droogte heers.

In Herbertsdale duur die sink, toerus en verbinding van boorgate voort en behoort dit teen einde Maart voltooi te word, luidens ’n verklaring van Bredell.

Dit sal twee miljoen liter water per dag lewer.

Die vlak van die Voëlvleidam het die afgelope week op 72% gebly. Foto: Samuel Walters

In Merweville word die reservoir met die hulp van Coca-Cola hervul.

Daarby lewer die provinsiale departement van landbou bystand aan boere in dié gebiede.

In die afgelope week het die Wes-Kaap se gemiddelde damvlak van 58,5% tot 57,4% gedaal, teenoor 45,8% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Kaapstad se gemiddelde damvlak het teen Maandag ook van 77,8% tot 77,2% afgeneem en was 63,9% dié tyd verlede jaar.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het op 81,6% gebly en was 58,7% in 2020.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning.

Ander damme wat aan Kaapstad water voorsien, lyk so:

• Benede-Steenbrasdam: 69,1% (72% verlede week);

• Bo-Steenbrasdam: 51,5% (52%);

• Voëlvleidam: 72,3% (72,3%);

• Bergrivierdam: 75,6% (77,5%); en

• Wemmershoekdam: 76,7% (78,7%).

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak van 45,2% tot 41,3% gedaal, terwyl dit verlede jaar op 29,8% gestaan het.

grafika

In die Karoo het die damvlakke grootliks verder gedaal:

• Floriskraaldam naby Laingsburg: 14,3% (14,6% verlede week);

• Calitzdorpdam: 36,7% (37,3%);

• Leeu-Gamkadam: 30%;

• Oukloofdam naby Prins Albert: 0%;

• Gamkadam naby Beaufort-Wes: 59,9% (60,6%) met 3 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Gamkapoortdam naby Prins Albert: 0,40% (0,44%);

• Stompdriftdam naby Oudtshoorn: 17,5% (17,7%); en

• Kammanassiedam naby Oudtshoorn: 0%.

In die Suid-Kaap het die meeste damvlakke skerp gedaal:

• Duivenhoksdam naby Heidelberg: 87,4% (91,5% verlede week);

• Korentepoortdam naby Riversdal: 84,9% (88,3%) met 2,2 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Wolwedansdam naby Mosselbaai: 59,8% (60,9%) met 2 mm reën; en

• Tuinroetedam by George: 100% met 5,2 mm reën.

Meer oor:  Anton Bredell  |  Wes-Kaap  |  Damvlakke  |  Reën  |  Water  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.