Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
‘Dag Zero in NMB hoogstens uitgestel’

Dag Zero in Nelson Mandelabaai is nie vermy nie, dit is hoogstens uitgestel, het die direkteur van water en sanitasie, Barry Martin, Dinsdag gesê.

Martin, en die nuwe burgemeester van Nelson Mandelabaai, Mongameli Bobani, en sy burgemeesterskomitee het die Impofu- en Churchilldam Dinsdag besoek. Die watervlakke van dié damme het effens gestyg ná goeie reën die afgelope week.

Die Kougadam het tans net 6,7% water. Foto: Elmarie Sampson

Martin sê hoewel die stad verlede week ’n “mini-vloed” beleef het, is die droogte nie gebreek nie.

Dag Zero is net verder die toekoms ingeskuif vanweë die reën, sê hy.

Churchilldam is byna vol op 90% en die grootste damme, Kouga en Impofu, se watervlak staan op 31%.

Hy sê die stand van Churchilldam is baie goeie nuus, maar daar moet onthou word dat dié dam die kleinste dam is wat water aan die stad voorsien. Dit is sowat ’n derde van die grootte van Impofu, het Martin gesê.

“Ons moet steeds spaarsamig met water werk, sodat ons kan hou wat ons het.”

Martin sê die stad oorweeg om waterbeperkings aan te pas en kyk na wat prakties gedoen kan word.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Nelson Mandelabaai  |  Dag Zero  |  Waterkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.