Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Dag Zero ‘is geldmakery’, kap minister
Nomvula Mokonyane, minister van waterwese en sanitasie. Foto: Lisa Hnatowicz

Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, het die Kaapse metro gekap oor die manier waarop hy water bestuur en die gebruik van die term Dag Zero.

Op ’n besoek Saterdagmiddag aan Tafelsig het sy selfs daarop gesinspeel dat die jongste verhoging in watertariewe “onwettig” kan wees.

Robert de Goede, een van die inwoners, het gesê die prys van gebottelde water het die hoogte ingeskiet. “Die meeste mense hier is op pensioen en baie min arm mense kan ’n houer van 5 liter water bekostig. Watertariewe het ook gestyg. Wat gaan aan die einde van die maand gebeur wanneer dit betaal moet word?”

Mokonyane het geantwoord dat daar nie ’n styging in watertariewe kan wees sonder ’n openbare raadplegingsproses nie.

Dag Zero is ’n geldmakery. Dag Zero gaan oor winsmakery. Dit is waarom ons hier is. Ons is hier om die armes te beskerm teen winsmakery.
Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie

“Sover ons weet het daardie proses nooit voldoende plaasgevind nie. Wat julle moet doen, is om te betaal op grond van wat jul rekeninge voorheen was en nie op grond van die sogenaamde nuwe tariewe nie. Selfs in dié omstandighede . . .”

Sy meen die nuwe tariewe behoort te geld vir mense wat water buitensporig gebruik. “Maar as daar nie ’n proses van openbare deelname was nie, sou dit selfs in hul geval onwettig wees. Julle moet dit weet,” het sy gesê.

Op ’n vraag oor waarom sy nou in Tafelsig is, het sy gesê: “Ons is hier omdat jul stad julle mislei het, versuim het om te bestuur en te doen wat ander stede gedoen het. Ons is hier weens die gemors van die stad. Elke ander stad het sy deel gedoen. Die probleem is oral.

“Die enigste manier om dit op te los, is om vennootskappe met gemeenskappe aan te gaan, neem hulle saam en verstaan wie hulle is en vind oplossings wat nie die armes straf en die rykes gelukkig maak nie.”

Mokonyane het die gemeenskap aangemoedig om die Kaapse metro aanspreeklik te hou.

“Ons het selfs ’n kennisgewing van versuim om water te bestuur aan hulle uitgereik, want hulle is nie anders as enige munisipaliteit in Suid-Afrika nie.

“Hulle spring en kondig Dag Zero aan terwyl al die ander nooit van Dag Zero gepraat het nie. Dag Zero is ’n geldmakery. Dag Zero gaan oor winsmakery. Dit is waarom ons hier is. Ons is hier om die armes te beskerm teen winsmakery.”

Meer oor:  Nomvula Mokonyane  |  Kaapstad  |  Kaapse Vlakte  |  Droogte  |  Water  |  Dag Zero  |  Minister
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.