Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Dag Zero sal elke 15 jaar dreig, sê navorsers

Die erge droogte wat die Kaap verlede jaar op Dag Zero laat afstuur het, kan nou elke 15 jaar verwag word.

Dít is die bevinding van navorsers van die Universiteit van Kaapstad (UK).

Dag Zero verwys na die dag waarop daar nie meer water in die krane sou wees nie.

Voorheen is die siklus vir die voorkoms van so ’n uitermatige droogte op 50 jaar bereken.

Prof. Mark New, medeleier van die Afrika-klimaat en -ontwikkelingsinisiatief van die UK, doen navorsing om mense se impak op aardverwarming op lang termyn te meet. New sê Afrika-lande is van die kwesbaarste lande vir klimaatsverandering en veranderlikheid.

Hy sê die frekwensie en erns van rampe wat met klimaat verband hou, is besig om te verander en in baie gevalle met erger gevolge.

In die Wes-Kaap verander die tydperk wat dit reën en hoe dit oor seisoene versprei word. Tesame met hoër temperatuurvlakke asook meer verdamping, is die uitwerking wat die veranderende klimaat op die vloei van riviere het, sowel as die meegaande waarborg van watertoevoer, potensieel baie ernstig, sê New.

Hy waarsku dat dit deel is van die nuwe normaal en mense moet aan ’n warmer en droër wêreld gewoond begin raak.

New sê in teorie behoort die Wes-Kaap se waterbronstelsel vir 49 uit die 50 jaar betroubaar te wees, maar die ontwerpers van dié teorie het nie die veranderende klimaat se risikoprofiel heeltemal in ag geneem nie.

Meer oor:  Dag Zero  |  Navorsing  |  Watertekort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.