Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Dag Zero skuif weer terug, nou tot in Junie
Die TheewaterskloofdamFoto: AP/Bram Janssen

Dag Zero, die dag van wanneer af Kapenaars moontlik in lang toue vir water sal moet staan, is nou van 11 Mei tot 4 Junie verskuif.

Die Kaapstad-metroraad sê in ’n verklaring dit is alles te danke aan die volgehoue daling in die watergebruik deur die landbousektor, asook danksy inwoners wat minder water gebruik.

“Kaapstad, ons maak vordering. Wat ons nou moet doen, is om seker te maak dat ons watervoorraad so ver moontlik tot in die wintermaande strek deur die teiken van 450 miljoen liter per dag te haal. Dit kom daarop neer dat 50 liter per persoon per dag gebruik word.”

Die afgelope week het die waterverbruik tot 526 miljoen liter per dag gedaal. Dit is die eerste keer dat die gemiddelde weeklikse verbruik onder 550 miljoen liter per dag was. Dit kan toegeskryf word aan die stad se bestuur en die pogings van inwoners om so min water as moontlik te gebruik, lui die verklaring.

Die gemiddelde vlak van die damme wat water aan die metro voorsien, staan tans op 24,9%, in vergelyking met 36,1% dieselfde tyd verlede jaar en 43,3% dié tyd in 2016.

Meer oor:  Kaapstad-Metroraad  |  Kaapstad  |  Nuwe Datum  |  Junie  |  Waterkrisis  |  Droogte  |  Dag Zero
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.