Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Damme bly leeg ondanks reën, sneeu in O-Kaap

Te midde van die kwynende watervlakke van die opgaardamme in die Nelson Mandelabaai-metro, het tot 40 mm reën in die opvangsgebiede uitgesak.

Die reënval van tussen 30 en 40 mm op plekke oor die Langkloof is Dinsdag gemeet terwyl ’n kouefront oor die Oos-Kaap beweeg het.

Volgens Garth Sampson van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Port Elizabeth, is daar Dinsdag ook die koudste dagtemperatuur (10,5 °C) vir Augustus in Port Elizabeth sedert 2002 gemeet.

Saam met die bibber-temperatuur was daar sneeuneerslae in die Langkloof en noordelike dele van die provinsie.

Sampson sê die gesmelte sneeu en gepaardgaande reën kan moontlik gunstige afloop vir die damme inhou en die invloed op die watervlakke sal oor die volgende paar dae bekend word.

Die metro se damme het vandeesweek ’n gesamentlike gemiddeld van 16,93%.

Daarom het die Nelson Mandelabaai-sakekamer ondanks die afgelope twee dae se goeie reënval inwoners opnuut gewaarsku teen die winkende Dag Zero.

Nomkhita Mona, uitvoerende hoof van die sakekamer, het Woensdag in ’n verklaring gesê die metro se daaglikse waterverbruik staan op 290 megaliter, terwyl die gewenste verbruik tot 250 megaliter per dag moet afneem.

“Die situasie het so ernstig geword dat vooruitskattings aandui dele van die metro kan teen Maart 2021 sonder watertoevoer wees as die huidige tendens van waterverbruik onveranderd voortduur.”

Sy het die belangrikheid van watertoevoer vir sakelui in die stad benadruk.

“Vir ’n stad met ’n ekonomie wat geanker is deur nywerhede wat staatmaak op die beskikbaarheid van water vir hul bedrywighede, plaas die huidige stand van sake vir watertoevoer die stad in ’n benarde situasie.

“As ondernemings nie op volle kapasiteit kan funksioneer nie, sal dit tot onvermydelike werkverliese ly, wat ’n negatiewe invloed op die reeds oorbelaste plaaslike ekonomie sal hê.”

Pogings deur die sakekamer vir waterbesparing is aangewend deur ’n ernstige beroep op ledemaatskappye te doen om waterverbruik met 20% per dag te sny.

Mona sê die lede word verder aangemoedig om hul kundigheid met die metro te deel in die uitdagende tydperk as deel van hul korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid.

Sy sê maatskappye kan selfs skole in die metro aanneem en met die herstel van waterlekke daar help.

Hoewel Mona die onlangse reënval verwelkom het, waarsku sy dat veel meer reën benodig word voordat ’n beduidende verskil in die stad se waterbronne gesien sal kan word.

damvlakke
Grafika: Oos-Kaapse damvlakke

Meer oor:  Damvlakke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.