Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Damme in Oudtshoorn ál leër

Inwoners van Oudtshoorn is gewaarsku dat die dorp se damme besig is om leeg te loop.

’n Dringende beroep word op inwoners gedoen om water uiters spaarsamig te gebruik.

Water word tans uit die Raubenheimerdam na die dorp gevoer, sê die Oudtshoorn-munisipaliteit in ’n verklaring. Die damvlak is slegs 30%.

Soos die damvlak daal, is die kans goed dat die watergehalte verder sal verswak.

’n Vroeëre foto van die Raubenheimerdam in Oudtshoorn. Foto: Verskaf

Die Melvilledam is 100% vol en die gehalte van die water is ook heelwat beter as dié van die Raubenheimerdam. Die Melvilledam het egter net een maand se watervoorraad. Volgens die munisipaliteit word die water gespaar vir wanneer die “dooie water” in die Raubenheimerdam bereik word.

Die munisipaliteit sê reën is dringend nodig om die damvlak te laat styg. Waterbeperkings is ingestel wat inwoners ernstig moet opneem. Vlak 1-waterbeperkings is tans in Oudtshoorn se munisipale gebied van krag.

“Elke druppel water help en elkeen van ons is verantwoordelik daarvoor om toe te sien dat water nie vermors word nie,” sê Colan Sylvester, Oudtshoorn se burgemeester.

“Dit is ons plig om te verseker dat ons by die waterbeperkings hou om sodoende te verhoed dat die Raubenheimerdam se vlakke drasties daal.”

Oudtshoorn het ongeveer 97 981 inwoners en ongeveer 23 362 huishoudings. Die munisipaliteit vra elke inwoner om nie meer water as wat nodig is te gebruik nie.

Volgens die munisipaliteit word die damwater konstant gemonitor om seker te maak dat dit drinkbaar is.

Die laaste toetsuitslae toon dat geen E.coli of totale koliforme organismes in Oudtshoorn se drinkwater is nie, maar die troebelheid is te hoog en die kleur van die water te donker.

Weens die troebelheid word aanbeveel dat die water vir drinkdoeleindes gekook word. Die water sal ook wit wasgoed vlek.

Volgens Sylvester kan ’n waterkrisis verhoed word as almal saamwerk.

Meer oor:  Raubenheimerdam  |  Oudtshoorn  |  Damvlakke  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.