Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Damme raak voller in Algoabaai

Die gesamentlike vlakke van opgaardamme wat water aan die Algoabaai-waterstelsel verskaf, het ná die afgelope week se goeie reënval meer as verdubbel.

Ná die goeie reën die afgelope twee naweke in veral Port Elizabeth en in van die opvangsgebiede lyk dinge heelwat beter, luidens ’n verklaring van die departement van water en sanitasie.

Die Kougadam is Saterdag minder as 20% vol. Foto: Cara-Lee Dorfling

Die waterstelsel was die afgelope jaar onder geweldige druk en die gesamentlike watervlakke het weekliks gedaal ondanks streng waterbeperkings.

Verlede Maandag was die gesamentlike vlakke op ’n ongekende laagtepunt van 17,82%.

Maar ná die naweek se reën het dit teen Maandag op 39,96% gestaan.

Die Churchilldam is nou meer as 90%–vol en die Loeriedam, ’n kleiner balanseringsdam, staan op 100%.

Water stroom Saterdagmiddag af teen die Loeriedam se wal toe die dam 100% vol was. Foto: Cara-Lee Dorfling

Die styging in watervlakke tussen 3 September en 10 September, soos gemeet deur amptenare van die Nelson Mandelabaai-metro, is:

  • Kouga: 6,79% en 30,93%.

  • Churchilldam: 16,45% en 90,49%.

  • Impofudam: 27,27% en 31,24%.

  • Groendaldam: 38,92% en 48,20%.

  • Loeriedam: 86,55% en 100%

“Dit is ook bemoedigend dat sowat 200 mm in dieselfde tydperk in die Langkloof-gebied geval het. Die water sal na verwagting die Kougadam teen Maandagaand of Dinsdagoggend bereik,” lui die verklaring van Sputnik Ratau, departementele woordvoerder.

Mongameli Bobani, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, sal die opgaardamme Dinsdag saam met Andile Lungisa, burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur en ingenieurswese, besoek om die impak van die waterkrisis in die metro te ondersoek.

Meer oor:  Kougadam  |  Oos-Kaap  |  Waterkrisis  |  Damvlakke  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.